Friday, August 10

Beriggie uit Bloemfontein

Die vraag wat ek myself baie keer afvra is, wat vang hy aan? Maar van tyd tot tyd kry ek darem 'n beriggie om te plaas en met julle te deel. Ek post dit net so sonder verandering en korreksie - seun ek's beindruk met jou Afrikaans!



Uiteindelik in my derde jaar in Bloemfontein, het ek vanjaar die geleentheid gekry om na wat heelwaarskynlik die grootste intervarsity in die land te gaan...KOVSIES EN PUKKE. Dit was vanjaar Potchefstroom (Tlokwe...uhm...dink dis wat dit nou is) se beurt om gasheer te speel na die UFS laasjaar naalskraaps hier by die huis die algehele prys kon wen.

Al het ons die rugby verloor wat beskou word as die grootse 'match-up' in SA klub rugby. Die wat student was weet dis altyd 'n (ekskuus die afrikaans) moerse party. Vir die manne wat moet afry na die plek toe begin die kuier al vroeg Vrydag en gaan deur tot Sondag. En dit is nie van omgee oor slaapplek nie. Soos een van my klasmaats gesĂȘ het, "Daar het mense in my kar geslaap, toe slaap ek maar onder die kar."

Ek het nou ongelukig nie tyd gekry vir die groot kuier nie (wat my ma seker baie bly is oor) en was maar kort daar. Darem lank genoeg om te besluit eks bly ek is nie potch toe om te swot nie.

Op my busrit af was ek die wit-chocolate chip in di chocolate cookie want ons was op die bus saam met die sokker spanne. En ek het nie geweet ons gaan SO lank ry nie! Die vrydag 10h hier weg en uiteindelik net voor 16h in potch. Ons wedstryd was 18h en het maklik 4-1 gewen om laasjaar se sukses te herhaal. Volleyball is darem een ding wat ons kan doen.

Die sokker was nie so bright nie en in die hoof wedstryd het Kovsies 3-1 verloor. Die bus was dus maar stil toe ons 22h die pad terug vat, en ek was maar al verlig toe die dag 2h di volgende oggend in Bloem klaarmaak.

Ek het vandag nuus ontvang dat die Saterdag ook nie 'n goeie dag vir ons Kovsies was nie en al die rugby en hokkie spanne het verloor. Met trots wel se my vriend die 2de meisies span wat hy afrig kon die eerste keer in 10jaar teen Puk 'n wen kry.

Dankie seun. Ek hoop om 'n update oor die langnaweek en Will se kuier te kry. Wanneer jy jou nuwe foon het, is daar geen verskonings vir foto's nie, jy sien dit neem goeie foto's.




1 comment:

Anonymous said...

Lekker om te lees dat jy bly is oor die keuse om 'n Kovsie te word. Geluk met die Volleyball oorwinning. Ek is jammer die ander spanne het dit nie gemaak nie.. maar volgende jaar!!! Miskien moet jy sommer al die spanne afrig. T Charmaine