Daar is 3 dolfyne wat van Turkeye is, en hier spring hulle oor die paal wat in die lug hang.
Ons het reg voor gesit en nadat hierdie ouens so met die spoed van witwaks geswem het, was ons goed nat.
Die seeleeus was baie oulik en hulle en die dolfyne het mekaar geniet.
Kyk net hoe oulik speel hulle met die bal. Die seeleeus is van Russiese afkoms.
Hierdie ou het met sy afrigter gedans terwyl die dolfyne hande, skuus vinne geklap het.
Hierdie dolfyn doen 'n toertjie met een van die ringe
en hierdie ou speel met 'n basketbal wat hulle in die net gaan gooi het.