






In dieselfde gang as Costas is die oulikste seep en lekkerruik winkeltjie met sepe wat jy so afsny in alle vorms, kleure, reuke, geure ens. Ons ruik en kyk en vat aan alles maar met 'n seep wat "Caca Rouge" genoem word en nogals nie te goed lyk nie, roep ons halt.
Na nog baie pret en sommer in al die winkels inloer is dit tyd vir middagete en ons probeer 'n nuwe "steakhouse". Charmaine maak seker my spyskaart het nie ander kos as hare nie.
Nelmari lyk lekker moeg maar gelukkig met al die sakkies langs haar. (Neem kennis meeste is Charmaine s'n).
Die kos kom en ons is spyt ons het daai "klein" muffin geeet want die burgers is iets ysliks.
Dan vat ons die pad terug en Nelmari dra die pakkies. Elriza jou ma wil seker maak die winkels is leeg voordat jy kom.
Maar die dag was lank en partymense kan nie hulle oe oophou nie. En ek ... ek wil net by die huis kom dat ons kaartjies kan bespreek vir die dolphanarium .... hulle vang ons nie weer nie!