Die manne is veilig in SA. Nadat hulle die eerste twee goeters van die lysie in Pretoria afgehandel het, is hulle Bloemfontein toe. Vir julle wat belangstel .... 'n brief om te sĂȘ die UAE lisensie is geldig in SA, kos R400!! Jip nie die lisensie nie, net die brief. Hier is William se terug rapporteer oor die eerste paar dae terug in SA.
Na aankoms op Johannesburg het dinge vinnig gebeur, Pa het gou, gou die kar gekry en ons was oppad.
Kon darem nog die 94.1 op die radio onthou. Die lughawe is al weer verander. Na die Ambassade en Onderwys Departement stoppe het ons die eerste eintlike belangrike stop gemaak, Spur!
Na nog 'n klompie draaie is ons na ons aand se slaapplek. Na 'n kuier saam met die Palms by die Osean Basket (skies ma) kon ons gaan uitrus vir die volgende dag se ry. Vroeg op die pad om my Lisensiebrief te gaan kry, maar net so veel verkeer as in Dubai.
Hoop die langpad Bloem toe is stiller.Verby Soweto wys die bord ons is op die regte pad, maar soos ons ry maak ek heeltydseker.
Uiteindelik lyk die Tolhekke asof ons naby die Vrystaat is.
Nog 'n halfuur se ry en James kan sy persente begin bekyk, en daar is so baie! (Dankie Ma!)
Na die afpak kon ons gaan shop vir genoeg kos dat ek en James kan oorleef, maar weet julle hoe sukkel 'n mens om nog 'n sponsmatras ook in 'n Polo inte pas! Toe die son sak kon ons weer my favourite plek gaan opsoek, Chillies vir eers verby, nou is dt Spur!
Dankie William. Ek wag om te hoor van julle naweek by oom Des en die dam!
No comments:
Post a Comment