En steeds is ons op die groet tema. Gisteraand het ons afskeid geneem van een van ons "ou" vrouegroep lede wat eersdaags die dorp gaan verlaat. Dit voel nog soos nou die dag wat ons Amelia die dorp gaan rondwys het. Baie bybelstudies oor baie jare saam maak die groet vir ons groepie nog moeiliker. Gelukkig is daar partykeer 'n doel met al die fotonemery en kon ons vir Amelia al die jare op foto's saamvat.
Nelmari het hard gewerk om die foto-scrapboek vir ons te maak - iets wat vertel van al die lief en leed saam as 'n groep.
Daar is van elke vrou 'n blad gemaak van ietsies wat ons gedoen of gemaak het gedurende die jare. Nelmari was baie oulik en het elke vrou se blad ietsie van haar persoonlikheid en/of liefde uitgebeeld.
Dit blad was ook in elkeen se gunsteling kleur met hulle naam op en 'n persoonlike boodskappie van elkeen.
Amelia maak haar geskenk oop en kyk na die foto's.
Toe word daar gekuier en geeet dat die biesies bewe.
Waar die klomp bymekaar kom gaan dit altyd gepaard met lekker lag en partymense kon nie eers die nagereg vashou soos hulle lag nie.
Amelia alles wat ons wou se is in die boek, maar verseker gaan ons jou insette, "wyshede", gesegdes en stoutigheid baie mis. Jou stoel gaan leeg wees.
Liefde
ns Corine ons het jou gemis, sal moet gaan koffiedrink.