Ja terwyl ons uitbraai in die hittige Abu Dhabi, is James en Leane in 'n veel koeler Onrus ernstig besig om aan die beplanning vir die troue te werk.
Soos julle kan sien is dit harde werk en dit hou mens ure besig want plekke moet bespreek word, gastelys moet opgetrek word, ens. Dit kan ure van mens se tyd vat.
Ten minste het hulle darem nou die "wedding-planner" (ai dit was sommer onsself in die vroee jare) gesien en die "venue" bespreek (foto regs in die hoekie). Ek kan sien dis nie 'n maklike twee maande vakansie nie seun ...julle twee moet die laaste paar dae saam geniet in die mooie ou Kaap en koue Bloemfontein. (Jaaaa maat, ek weet).




So lekker gewees om saam met Des te kuier. Des wat die peetpa van die seuns is, is nou baie koppe korter as hulle.
Johan het op Onrus 'n draai kom maak. Hier is hy saam met sy twee neefs William en James.
Die Smithe bly sommer op Onrus, so daar is 'n paar keer saamgekuier, hier sit hulle om die vuurtjie vir 'n braaivleis.
En ook vinnig 'n draaitjie op Swellendam by die Hammans. Wanneer kom julle Abu Dhabi toe? 






















Oppad en die prentjie lyk nog presies toe ek klein was, net meer water. Kyk bietjie op die regterkant van die blog na die mooi prentjies van Mooikelder waar ons gaan kuier. Ek is baie seker dat julle die plek gaan geniet. 


Aand op Onrus en alles lekker rustig en warm.




