Showing posts with label Moskee. Show all posts
Showing posts with label Moskee. Show all posts

Thursday, November 4

Saam met “predikante” in Dubai – deel 2

'n Blits toer deur Dubai in die dag en 'n vol program in die aande hou Willem lekker besig.

Page1

Een van die dinge wat 'n moet is in Abu Dhabi is die groot Zayed moskee. Die versoeking was groot om weer duisende foto's te neem, maar ek het mooi my hande agter my rug gehou.

Page2

As julle meer van die moskee wil weet en foto's wil sien van hoe dit binne lyk - loer op die tag oor die moskee onder.

Page1

Die groot ding op die agenda was eintlik om met die Burj Khalifa, die hoogste gebou ter wereld op te gaan. Nie te mal oor hoogtes nie, het ek darem my brawe kamera saam met Elriza opgestuur. Hierdie gebou hou sommer baie rekords.

Page2

Dis nie net die hoogste gebou ter wereld nie (828 meter en 160 verdiepings), dis ook die hoogste vrystaande gebou ter wereld, die meeste verdiepings, die hoogste vloer wat mense bly, die hoogste uitkykvloer, die hysbak wat die langste afstand gaan ter wereld en ook die langste/hoogste dienshysbak. Lyk dit of die gebou in 'n woestyn is as jy so afkyk?

Page3

Om tot bo te kom gaan mens eers op 'n roltrap vir 65 meter waar jy na Dubai se geskiedenis kan kyk. Dan begin die "stadige" reis na bo teen 10 meter 'n sekonde. Bo het jy 'n 360grade uitsig oor Dubai en bo is 124 verdiepings hoog.

Page4

Daar bo is ook teleskope waar mens kan in zoom op plekke onder.

Page5

'n Bustoer deur die nuwe en ou Dubai was volgende en ons het laat eers weer die pad aangepak terug Abu Dhabi toe.

Geniet die laaste deel van julle week, vandag is Vrydag vir ons.


Monday, January 7

Nog moskee foto's

Nog so 'n paar van die foto's van die Sheikh Zayed moskee. Gister het ek julle vertel dat hulle beraamde koste vir die moskee $500 miljoen was in 2004. Ek lees dat begin verlede jaar die beraamde koste verander het na $700 miljoen. Sjoe dis klomp geld, maar as julle na die foto's kyk, sal julle sien dat geen koste ontsien is om hierdie moskee iets besonders te maak nie.
Van die deure in die moskeeDis wat mens sien as jy in die groot hoofmoskee instap. In hierdie saal kan 5000 mense bid. (Neem in ag dat hulle elkeen 'n oefening area rondom hulle moet hê vir die afbuk ens.)Is dit nie indrukwekkend nie? Daar is 7 van hulle in die moskee en is vir 'n bedrag van rondom Dhs30 miljoen aangekoop. Kyk net die afwerking van die koepels.Orals is daar sulke vier pilare met sitplekke en plek waar hulle hul Quran kan lees.

Teen een van die mure is daar ook 'n horlosie met die bidtye op.

Ek vermoed dis die plek waar die imran van "preek" met die trappe na nerens (of is dit die verhogie?)

Hierdie tapyt in die binnekant van die moskee is maklik so groot soos 2 rugbyvelde. Die mat is in Iran geweef deur 1200 Iranese vroue. Dit het ook in die omgewing van Dhs30 miljoen gekos (Kyk bietjie by http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/nuus-uit-die-dorpie-alweer-die-grootste.html waar ek klomp inligting oor die mat deurgegee het.

Sheikh Niel en Sheikha Charmaine binne die moskee. Ons moes alles toemaak voordat ons in die moskee kon gaan en natuurlik ons skoene ook uittrek
Net 'n bietjie besoekers so daar is nie baie skoene voor die deur nie. Die pilare se blompatrone van verskillende soorte stene gemaak is, kan mens mooi hier sien. Die span wat dit gedoen het, is van Indie en hulle het ook werk by die Taj Mahal en selfs Buckingham paleis gedoen.
Hier kan mens nog van hulle werk sien.

In die binnehof is die werkers nog ernstig besig om aan die marmervloere te werk. Daar is 1048 pilare rondom die binnehof. Niel en Charmaine verkyk hulle aan alles.

Op die regtekant sien julle een van die vier minarette wat elke 107 meter hoog is. Daar is altesaam 82 koepels deel van die moskee

Hierdie moskee is die derde grootste ter wêreld, en kan 40 000 mense akkommodeer. Wanneer die werk en tuine klaar is, gaan die plek nog baie meer indrukkend vertoon.

Mooi bord wat die kontrakteurs by die moskee op het ... iets wat ek graag vir al ons dorpe en stede by die huis, vir die nuwe jaar wil toewens.

Sunday, January 6

Ons besoek die Sheikh Zayed Moskee - 1

Vir 'n klompie jare hou ons die bouwerk aan die Sheikh Zayed Moskee fyn dop en nou na hoeveel jaar is dit eintlik ampertjies klaar. Nie gedink dat ons ooit 'n kans sou hê om die binnekant te sien ~ Saterdag het ons egter die geleentheid gehad.Hulle werk nog ernstig aan die tuine, maar die binnekant is iets wat mens nie regtig vir iemand kan vertel nie. Ek besef ook dat die foto's waaroor ek opgewonde raak, nie regtig iets is wat julle noodwendig sal opgewonde maak nie, maar ek gaan dit tog in elk geval met julle deel. (Moeilik kon kies tussen die 100 foto's om vir julle te wys - dus twee blogs)

Die voorkant, wat natuurlik nog nie klaar is nie. Rondom 2004 het hulle beraam dat die moskee omtrent $500 miljoen sou kos om te voltooi.
Die ingang van die moskee - elke stukkie van die hele moskee is met die beste marmer waaraan jy kan dink gemaak en die fyner detail is iets om te sien.

Op die agtergrond sien julle die hoofdeel van die moskee uitsteek
Hier is die patrone op die marmer langs die ingang
Die binnekant van een van die koepels met Arabiese skrif in goud. Ek is seker daar sal later meer inligting oor die moskee wees wanneer hy heeltemal klaar is.
Kyk net al die goudversierde pilare
Daar is baie van hierdie mosiak werk orals te sien
Die hoofingang met die groot binnehof van marmer met groot blom patrone.
Mens moet nogal sukkel om iewers 'n heel prentjie te kry. Charmaine en Niel probeer ook foto's neem.
Die kant waar ons ingegaan het ... die vroue moskee
Die pilare en deure van naby
Die hoofingang. Kyk hoe klein lyk ons in die glas
Die binnekant van die vroue moskee. Dis groot, dis indrukkend ....kyk net die mat. Klein aan die linkerkant sal julle ook 'n tv skerm sien ...dis waar hulle die imran kan sien bid in die hoofmoskee.
Kyk hierdie mat in die vroue kant
Hierdie deur gaan na die groot saal waar die mans kan bid ...en ons het ook daar ingeloer, maar daarvoor moet julle more kom kyk!

Monday, August 27

Trippie na Fuijerah 4 - Kontraste oppad terug

Na al die opwinding van snorkel, forte en moskees was dit tyd om terug te ry Abu Dhabi toe. Die omgewing langs die pad verander by die minuut en ek kan nog steeds nie verstaan hoekom hulle Fuijerah die "ghetto" noem nie. Kyk 'n bietjie na sommige van die interessante plekkies en dinge.
Moskee's is volop en op elke hoek en blok. Verskillende groottes, ouderdom en vorms. Hierdie een dink ek klassifiseer as "moderne" en van ver lyk dit net soos 'n ruimteskip.
Daar is die mooiste fonteine langs die pad. Hier is 'n besonderse skulpfontein. Die Cornish is geplavei en dit is moontlilk om tot by die volgende klein dorpe Kalba al langs die strand te loop. Ek dink 'n 5 min rit met die taxi is 'n baie beter opsie in die hitte.
Ek kan net wonder of hierdie geboude palmboom enige koelte verskaf, want die ware Jakob kan dit nie eers in hierdie hitte doen nie.Gelukkig is daar darem 'n effense windjie wat waai - maar eintlik dink ek dit versprei net die hitte eweredig.
Ons ry verby hierdie restaurant ......en besluit om maar deur te druk en die dors op 'n ander plek te les. Baie van hierdie ou geboue langs die pad het sedert die 1960s nie veel verander nie alhowel groot nuwe huise nou orals gebou word. (Wonder hoe vars is die koffie?)
Net ingeval julle dink ons is kieskeurig .... die Al Kaabi Restaurant se aircon lyk of dit stukkend is en ons wil nie regtig in die hitte verversings geniet nie ....ons hou maar deur na die volgende koel hotel toe.


Op vorige besoeke aan die dorp het Eddie ons geneem om te kyk hoe hulle die visse uittrek op die strand en dit was nog altyd besonders. Met ons wat so vodde was na die snorkel het ons nooit daarby uitgekom nie, maar was opgewonde om vissies langs die pad te sien. Wat ek nooit geweet het nie, is dat hierdie sardientjies gedroog word om later as "fertiliser" (kunsmis) gebruik te word. Ek dog hulle word soos bokkoms geeet.
Hierdie 4x4 het sy dae gehad dit kan mens sien, maar nog steeds in 'n werkende toestand.
Daar is heelwat ontwikkeling langs die paaie en ek voel half benoud as ek dink hoe hulle AbuDhabi se strande so stadig maar seker weggevat het en met ontwikkeling toegebou het. Ek hoop nie dat dit hier gaan gebeur nie.
Is dit nie pragtig nie? Die berge, see, strande en palmbome? Hoe lank voordat 'n hotel die stukkie grond kom toe bou?Dan draai ons effens weg van die see en vat die pad oor die berge terug. Die land het soveel interessante borde langs die pad - wonder wat bedoel hulle met hierdie een "For family only" - want ons drie is nie familie nie en ons is op die pad ...of ons moet op die pad wees, hoe anders?
Nog 'n klein dorpie met 'n groot moskee. Hierdie is 'n meer tradisionele een maar groot!!
Langs die pad is daar heelwat "wadi's" in die berge. Kyk die grys stof berge en die groen kolletjie grasHet hierdie boot "te ver" probeer gaan?

Ons stop vinnig by die Friday Market vir 'n koffiebeker vir Charmaine en kieries vir Amelia.
Wanneer ons hierdie verkeer in Sharjah slaan, weet ons ons is oppad huistoe .....



Dit was 'n heerlike trippie en die dames het hulle meestal gedra. Volgende keer durf ons weer Dubai se winkelsentrums aan.