Showing posts with label Battuta mall. Show all posts
Showing posts with label Battuta mall. Show all posts

Sunday, October 31

Saam met die “predikante” in Dubai – deel 1

Met Willem se besoek hier was Dubai ook op die "wys" lysie en wat ek gedink het 'n maklike uitstappie gaan wees - om twee "predikante" te neem was nie so maklik nie. Ek het al my grysstof nodig gehad om hulle te beheer en uit die moeilikheid te hou ;-). Dit was behoorlik 'n mall-hopping dag.

Page1

Eerste aan die beurt was die Ibn Battuta mall waar daar alles weer beloer en bekyk is. As julle meer oor die mall wil sien kyk op die label-skakels onder.

. Page2

Daar is ernstig vir die vrou en dogters by die huis geshop ... ek sal nie se wie wat kry nie ... die verrassing is Woensdag. Gekskeer was ook hoog op die lys. Elriza weer het 'n rokbelegging gemaak wat nog lank in die nageslag gebruik sal word.

Page3

Toe met die metro-trein na die volgende winkelsentrum, mall of the Emirates (kyk labels vir meer foto's daarvan).

Page4

Ons derde winkelsentrum van die dag was die Dubai mall waar ons die akwarium besoek het. Weer kon ek die versoeking om die visse af te neem nie weerstaan nie. En natuurlik moes ek nog beheer ook uitoefen

. Page5

Mens kry net nie genoeg van die visse nie.


Page6

Verskillende soorte visse en ook 'n "Willem-vis"


'Page7

Die dag het te lank begin word en ek het al my dae gehad om die twee op die tou brug en spinnekopweb in toom te hou.

Page8

Die pikkewyne was 'n hoogtepunt want hulle het behoorlik vir ons 'n vertoning gegee. Lyk asof die ou vir Elriza vra vir 'n koppie-krap.


Page9

Hierdie twee lyk asof hulle vassit in die vaas. Enige iemand wat wil raai wat die diere op die ander twee prentjies is?

Dubai was nog nie klaar vir die twee nie, maar ek vertel later weer.

Liefde

Tuesday, June 3

Dis hoe "experts" dit doen

Daar is die afgelope twee dae so 'n bietjie despuut oor - is sekere mense shoppers of nie en ek het gedink dit sal goed wees om vir julle te wys hoe professionele shoppers dit doen :-). Amelia en Corine was nog nooit by die Blou souk in Sharjah nie en ons durf die Dubai/Sharjah verkeer aan om vir hulle te gaan wys. Die souk is nog stil en ons begin aan die parfuum en goud kant en die dames is baie versigtig met die hele koopstorie. Amelia het egter 'n ekstra sak of twee gebring vir net ingeval. Sy is ook die een wat eerste stop en mooi goetertjies raaksien. Binne twee uur later was sy dan ook die trotse eienaar van 'n mooi blinkdingetjie. Charmaine kan nie verby 'n mooi lappie loop nie, (ja ek weet jy ook Annie) of hulle nou 70 of 700 dirham kos. Die winkeleienaar sien ons ver kom en ons word gewys hoe "suiwer" dit is, dit kan selfs deur 'n ring getrek kan word en hierdie vriendin van my word mos baie gou oorreed om iets te koop want sy hou nie daarvan om mense se "gevoelens" seer te maak en nee te se nie. Corine is die "nuwe" een by die shoppers en sy laat haar gou in die winkels inlei. Hier kyk hulle na geskenkies vir die vakansie huistoe in Julie. Maar kom kyk nou by 'n ekspert .... sien jy pak alles so uit op die grond en dan kyk jy wat jy nodig het vertel Charmaine. En sien hoe gou kry Corine dit reg ... uitgevang!! Eintlik was ons oppad na die "ladies" toe en hierdie winkels het net voor ons ingespring. Ons kommer oor hoe skoon dit gaan wees maar die "handicapped toliet" is presies wat dit se, jy kan dit bykans nie gebruik nie so handicapped is dit. Dan is dit tyd vir ietsie om te drink want dis warrrmmmmm. Ons wag vir 'n "vrugte poustert" wat in hierdie land baie lekker is. Weer terug na die moeilike taak van shop. Watter mat sal dit wees? Die arme man gooi al die matte uit sodat hulle kan kies en ja daar word toe wel 'n ou matjie gekoop. Die dhs25000 een sal miskien nog eendag gekoop word. Die souk begin nou besig word en dis net so 'n gewilde inkopie plek vir die swart rokke. Maar laat ek vertel dat dit ook by SAfrikaners wat hier bly of kuier gewild is want die winkeleienaars gooi maklik 'n "baie mooi" en "pragtig" tussen sy engels deur.Die pakkies begin ook nou meer word en mens troos jouself dat dit 'n bargain is en mens baie geskenkies vir huistoegaan gekoop het. Amelia sien 'n rok waarvan sy hou in die materiaal plek en besluit om ander dag as sy gespaar het van die materiaal te kom koop. Teen eenuur is ons verplig om die Blou souk totsiens te se want hulle maak toe vir 'n middagslapie. Corine was nog glad nie by enige mall in Dubai nie en ons besluit om vinnig by IBN Battuta te stop (ek het al heelwat oor hierdie mall geblog). Maar die dames is m-o-e-g en besluit om nie deur die mall te stap nie, maar die karretjie te ry. Hier wag hulle by die stasie in die China vleuel. Hulle lyk lekker moeg ne.By Egipte groep Amelia, sy het nou genoeg gehad. Nog 'n baie suksesvolle inkopietog ....

Thursday, December 20

Meisies en malls

Ons meisies het bietjie deurgery Dubai toe om te sien hoeveel van die malls daar ons vir Annie en Corli gewys kan kry in 'n daggie. Hier is die foto's. Ons het net by drie uitgekom: die Ibn Battuta, Mercato en Madinat Jumeirah mall. (As julle meer wil weet omtrent die malls, kyk na ander blogs daaroor by labels.)

Tuesday, August 28

Ibn Battuta Mall 1 - Die girly dag

Nog net 'n week voordat die skool na drie maande weer begin!!!!! Sonder haar boeties by die huis is daar niemand wat Nelmari kan pla nie, en dus is sy erg verveeld. Maar as 'n "prys" het ek haar mos 'n girly dag belowe, so ons besluit om die week bietjie in Dubai se Malls te gaan rondloop...om haar en julle te wys hoe dit daar lyk.
Sommiges van julle sal sê 'n mall, wat's so besonders van 'n mall? Eers moet ek vertel dat alhoewel ons wonderlike groot malls hier in Abu Dhabi het, met alles wat ons nodig mag hê of nie, het Dubai meer as net malls. Met die dat Dubai bekend is as 'n "shoppers droom", (slim mense koop in goedkoper Abu Dhabi), kompeteer die malls geweldig met mekaar. Hoe trek jy kopers na net 'n "gewone" mall? Daarom het elke mall in Dubai 'n trekpleister.

By die Battuta mall beeld hulle verskillende lande uit en ses verskillende lande vorm die mall. Ons gaan by China court in waar daar hope winkels en restaurante is. Hulle, dis nou die China gedeelte se tema is "Entertaiment" en dis waar oa die IMEX teater sit. Dis gebou op die 14de eeuse boustyl. Hier is deel van die dak

In die Go Sport winkel, is daar 'n groot SA rugby trui in die venster en trek dit die SAfrikaners aan om binne te gaan loer.
Aangesien Nelmari in die mark is vir klere, wil sy sommer al hier probeer om 'n Wêreldbeker trui in die hande te kry. Gelukkig of ongelukkig is haar nr nie hier beskikbaar nie. Hierdie boot maak deel uit van die China court en Nelmari gaan loer wat is in die gat ...Die volgende land is Indie en hulle tema is "Designer Fashions". Ook hier is die boustyl soos uit die 14de eeu en kry mens al die bekende ontwerpers winkels. Hierdie olifantklok is omtrent 8 meter hoog. Kyk mooi na die foto ... wat die mense dra en het hulle pakkies in hulle hande.

Ek het omtrent 'n GPS nodig om die twee tussen die "sales" op te spoor, want elkeen het sy eie misie en winskopie in gedagte. Nelmari is spesifiek opsoek na 'n pers toppie wat by 'n romp van haar moet gaan.

Charmaine aan die anderkant het niks nodig nie, miskien net 'n groen truitjie sê sy.

Ek kom redelik skotvry deur Indie want Nelmari kry niks nie. Volgende is die Persia Court en kyk net die pragtige teels teen die mure en dak. Hulle tema is "Lifestyle" en hier begin die moeilikheid kan ek sommer dadelik sien.
Charmaine loop die groen truitjie raak (die foto is spesiaal vir Elriza) en nog 'n paar ander truitjies omdat dit op spesial, baie sag en presies is wat sy van hou.Daar word ook hoede aangepas ... wat van ons dra 'n hoed vir die high-tea wat ons nog moet hê? Nelmari kry eindelik daai toppie wat ons al weke soek, sug-sug ... is die shopping hier in Persie al verby? ...wat gaan die twee nog aanvang? .... kyk more verder