Saturday, August 18

Saam met klein Emily by Sanddunes

Ons jeuk nou al lankal om vir Emily na een van die speelplekke toe te vat en hierdie week het ons 'n geleentheid gekry. Marina ons geniet dit altyd as jy haar hier kom aflaai.

Die balle was vir haar een groot fees en sy kon nie ophou glimlag nie





Die eerste keer by die tube af was sy baie versigtig, maar Nelmari het haar heelpad vasgehou


Toe die sandbak en dit het ons baie laat lag aan die begin. Vir iemand wat in die woestyn gebore is, het haar tone verskriklik omgekrul toe ons haar in die sand sit. Maar dit was nie lank nie, of sy het versigtig begin speel met die emmertjie
En jinne dit was lekker om daai emmertjie om te dop en al die sand op haarself uit te gooi


Sy het gou-gou die sandskep onder die knie gehad en ons kon haar glad nie uit die sandbak kry nie.
Maar die balle is ook 'n trekpleister en sy is weer soontoe. Kyk hoe gooi sy hulle.
Wat gaan ek met twee balle maak dink sy. Kyk, daai glimlag hou nie op nie.
Die spelery het haar 'n eetlus soos min gegee en sy geniet die kos.

Daarna is dit speeltyd in die kombuis. Emily loer gou in die yskas



Ketel is op en plaat word aangesit vir 'n bietjie tee.

En toe die groot oomblik. Emily gly heeltemal alleen by die glyplank af. (Nelmari was darem op die een langs haar) Sy het dit baie geniet!
By die huis het ons gou gebad om die sand uit alles te kry en toe kon sy en Nelmari dit nie meer hou nie, altwee is doodmoeg.


Dit was nog altyd haar gunsteling plek om by Nelmari te slaap, kyk net hierdie foto baie maande gelede. Kyk net hoe groot het sy geword!


Daar is meer foto's van die speelplek op my foto-album regs.




































No comments: