Saturday, August 4

Nuus uit die dorpie - Alweer die grootste

Verlede week was dit die hoogste gebou en vorige keer het ek al vertel van die grootste vlag ... en hierdie week is dit die grootste mat ter wêreld!!!

Die mat is die grootste handgeweefde mat ter wêreld en sal in die Sheikh Zayed Bin Sultan Al Nahyan Moskee wat in September amptelik open gebruik word. Hierdie tapyt het die munisipaliteit Dh30 miljoen (R50 miljoen) uit die sak gejaag.

Hulle het 40 ton Iranian en NZ wol en katoen gebruik vir die 5,700 vk meter tapyt. Dit het 1200 werkers 18 maande geneem om die groen en room kleur mat te maak. Ek weet nie of julle wil weet nie, maar die mat bestaan uit 9 stukke wat hier in die UAE aan mekaar gewerk sal word. Dis vir die eerste keer oopgerol in Tehran se bid gronde, Mosalla waar helikopters foto's uit die lug van die mat geneem het. Die foto bo het ek in die Gulf News gekry want daar is geen maar geen kans dat ek binne die moskee toegelaat sal word om foto's te neem nie.


Die mat sal in twee vliegtuie UAE toe gevlieg word saam met vier groepe mense wat die mat hier aanmekaar sal sit en skoonmaak. Nodeloos om te sê dat hierdie mat deur die vervaardigers verseker is tot met aflewering. Hier is 'n deel van die moskee waaraan hulle nog ernstig werk.



Dit voel vir my hulle bou al aan die moskee vir tien jaar en miskien is dit ampertjies tien. Hier is 'n foto soos dit vandag op hierdie Saterdag lyk. Ek het foto's van toe hulle begin het, maar dis omtrent twee rekenaars gelede en ek moet dit soek. Daar is nog baie werk na September se amptelike opening ...ten minste het hulle die mat!!




1 comment:

Anonymous said...

Ek wonder of ons ooit die kans sal kry om in die Moskee in te gaan eom die wonder te gaan aanskou.... kan jy dit glo!!! Dankie vir die spesiale inligting.