Met ons aankoms in Abu Dhabi (amper tien jaar gelede), was daar g'n malls nie. So moes ons met koelboks en als een keer 'n maand Dubai toe ry om "op te stock". Dit was 'n slegte rit want die gemaklike paaie van nou was nou nie daar nie en die ou pad was soos 'n kameel se rug vol hobbels wat jou ten minste 'n twee uur rit sou waarborg. Dit het gelukkig verbeter en so ook die feit dat ons nou baie meer malls in Abu Dhabi het en dit nie nodig is om Dubai toe te gaan nie. Maak nie fout nie, daar is indrukwekkende malls in Dubai wat ek julle nog sal wys, maar dis 'n besige plek daardie en natuurlik piekel al wat toeris is Dubai toe wat dit nog VOL maak ook. So bly ek liewer op die eiland (Abu Dhabi) en geniet ons malls in relatiewe stilte.

Ek praat baie van Marina Mall, maar het julle nog nie eintlik vertel van Abu Dhabi mall nie. Hier is 'n prentjie van die bokant van die mall wat ook deel uitmaak van die Beach Rotana hotelgroep. Dis nou nie eintlik my gunsteling van malls nie, want dis b-e-s-i-g en w-o-e-l-i-g maar van tyd tot tyd soek mens ietsie daar.

Wat wel by die mall is, is my gunsteling restaurant Rodeo Grill. Ek glo hier kry mens die lekkerste stuk vleis in die UAE. Die naweek was dit dus lekker om weer bietjie daar te gaan eet. Hier is die kinders ernstig besig om die spyskaart te bestudeer.







Na die tyd kry ons heerlike "ys" sjokolades wat BAIE lekker is. Dis net verskriklik moeilik om te eet en party van ons, mens sal nie name noem nie ne Charmaine, kan nogal verskriklik mors met hierdie sjokolades. Soos gewoonlik was die Rodeo Grill se ete heerlik.
3 comments:
Ek is vreeslik bly jy het nie die foto bygesit nie maatjie. Altyd iets om voor dankbaar te wees. Dis altyd lekker om saam met julle by al die lekker eetplekke te kuier.
Ek wou baie graag die foto by sit. Weet nie of ek so gaaf sal wees met more se storie nie.
Nou's ek nuuskierig. Ek wil graag die foto sien.
Post a Comment