Friday, August 3

Soet .... sonde

Na die ete by Rodeo Grill het ons meisies in Abu Dhabi mall gaan loop op soek na 'n spesifieke kleur bloesie by 'n romp. Ongelukkig omdat dit Vrydag is, was meeste van die winkels nog toe. So besluit ons om gou 'n koffie te gaan drink en miskien maak die winkel wat ons by wil wees oop.

Een van die lekkerste koffiewinkels met die mooiste uitsig oor die swemarea van die Beach Rotana Hotel.


Seattle Koffiewinkel .... ek weet daar is/was een in Menlyn ook.
Hier is die swembaddens met 'n deel van die see deur die venster afgeneem.
Die boot met die piesang agter hom. Julle sal ook 'n stukkie van die eiland sien wat nou ontwikkel word met groot woonstelle, winkels, ens.

Hierdie houtdek is in die middel van die swemarea in die see.

Die hotel se klein hawetjie waar hulle allerhande soorte watersporte beoefen.

Na die groot ete het ons nie eintlik plek vir nog nie, maar ons bestel wel een versoeking cinnamon bun saam met die Chai tee.

So soet mens se ore beweeg. Hier word hy mooi in die helfde gedeel. Nelmari het nie belang gestel nie.

Al is ons hoe versadig word die soet nog uitgelek ook. Mens kan partymense ook nie altyd orals neem nie. As sy nie sjokolade mors nie, lek sy die borde uit. Ek sal liewers nie name noem nie. So het ons toe nie die bloesie gekry nie, maar erg ongemaklik gevoel van al die eet.




















2 comments:

Anonymous said...

Die persoon wat die bord uitlek is dit dieselfde een wie se foto ons nie kan sien nie?

Carlos said...

Hi Sandra.Thank you for visiting my quiet corner.See you.

http://testnisse.blogspot.com