Thursday, August 30

Canal Walk Mall

'n Nuwe mall is altyd 'n moet, al is dit net om dit bietjie te gaan uitkyk en sien of mens dit regtig weer wil besoek. Een so 'n een is die nuwe Canal Walk Mall in Dubai. Dit is deel van die Festival City ontwikkeling.

Soos ek 'n vorige keer al gesê het daar moet 'n "trekpleister" wees en hier is dit oa die 450 meter lange kanaal waar mens met 'n watertaxi na verskillende winkels en/of restaurante kan vaar.


Die ontwikkelaars sê dat daar 40 restaurante langs die kanaal sal wees. Omdat dit nog 'n bietjie hittig in die land is en die bouery nie orals klaar is nie, vaar die bootjies op die oomblik slegs in die namiddag, so ons kon dit nie gaan uittoets nie.


Ons het darem 'n lekker Frappacino by Costa's gedrink in die koel binnehof. Hierdie ou wat seepballe blaas het die mense vermaak.
Wanneer al die ontwikkeling rondom die mall klaar is, sal daar oor die 500 winkels wees met 25 groot anker winkels waar mens alles en nog wat sal kan koop

Die mall is nog nie so besig nie, maar wanneer alle winkels oop is EN die padaanwysings goed is, sal daar mense begin stroom soontoe. Ons het maar lekker rondgery en selfs Sharjah besoek op soek na die aanwysingsborde.

Hier is een van die 90 restaurante wat uiteindelik in die mall gaan wees. Hierdie een is onder die roltrap wat van IKEA af kom gelee.

Ek is seker ons sal die Canal Walk mall weer besoek al is dit net om op die bootjies te vaar. Maar met al sy verskillende watervalletjies orals in die mall, is daar op die oomblik ook 'n rustige gevoel en nie 'n buzz nie. Dit kan egter verander as mense die plek sonder 'n padkaart kan kry.

No comments: