Tuesday, August 7

Eddie kan ook bowling of .... nie

Oor die naweek het William en Eddie bietjie gaan boul. Ek was nou nie daar nie, en vertel die storie uit William se mond uit (soos die kinders altyd gesê het wanneer hulle wil hê jy moet 'n spesifieke persoon se woorde gebruik). Natuurlik was Willempie se foon daar vir die foto's.
Kyk ek kan op eenbeen staan as ek die stoel vashou!

Die kegelbal op sy skouers soos 'n sak aartappels gereeld om te rol ....

En die nodig aksie .... Ek weet nie wat het met die kegels gebeur nie?

Will het 'n ander aksie om die kegels om te kry.

En hy hou daai bal dop soos die ou omies op die rolbalbaan.

'n Paar uitslae skerms is afgeneem waar ME ver en minder ver wen. Moet darem noem dat die pa een van die wedstryde gewen het.



No comments: