






Hier gaan Nelmari af. Dit gebeur so vinnig dat mens nie eintlik 'n foto kan neem nie.Ken hierdie mannetjie glad nie, dit bly net snaaks dat hulle die woestyn en sneeu sal aandurf met die witrok
Nelmari beplan om 'n sneeubal te gooi en sy lyk klaar baie skuldig. Ek het nie 'n sneeubal of ski's nodig gehad om 'n stukkie van die Ski World te koop nie, die gladde sneeu was genoeg. Nou kan ek mense my blou knie wys en sê dit het by Ski World gebeur ... en miskien dink hulle ek was braaf genoeg om te ski.
Julle sal bly wees om te hoor dat ek hierdie keer nie die mall afgeneem het nie ('n ander keer as julle dit regtig wil sien). Hierdie foto is van die "court" na die parkeerarea.