In 'n vorige skrywe het ek julle van die leeutjies vertel en dat William die kans het om saam met Ronel te gaan en bietjie met hulle te speel. Ek kan nie regtig daaroor skryf nie, aangesien ek nie daar was nie, maar ek deel graag die foto's met julle omdat al die diere so pragtig is. William het oor die 100 met sy foon geneem en 50 met die kamera. Om dus 'n paar te kies was baie moeilik, so ek gaan so 'n paar keer vir julle die foto's wys. Die res van die foto's sal op die album te siene wees.

Die hek met twee "katte" op. Die plek se naam is die Abu Dhabi Wildlife Centre. As ek reg verstaan het, was al die diere geskenke.

Weerskante is die hokke van die diere.


Die jagluiperd lyk nie mal oor die fotonemery nie.Hierdie leeu is 'n jaar oud sĂȘ William



Die wit tier lyk lekker vas aan die slaap van die hitte
Ok so waar is die leeutjies sal jul vra? Hulle is so oulik hulle verdien hulle eie inskrywing, kyk more. Die ander diere wys ek vir julle volgende week.
No comments:
Post a Comment