Showing posts with label Mall of the Emirates. Show all posts
Showing posts with label Mall of the Emirates. Show all posts

Sunday, October 31

Saam met die “predikante” in Dubai – deel 1

Met Willem se besoek hier was Dubai ook op die "wys" lysie en wat ek gedink het 'n maklike uitstappie gaan wees - om twee "predikante" te neem was nie so maklik nie. Ek het al my grysstof nodig gehad om hulle te beheer en uit die moeilikheid te hou ;-). Dit was behoorlik 'n mall-hopping dag.

Page1

Eerste aan die beurt was die Ibn Battuta mall waar daar alles weer beloer en bekyk is. As julle meer oor die mall wil sien kyk op die label-skakels onder.

. Page2

Daar is ernstig vir die vrou en dogters by die huis geshop ... ek sal nie se wie wat kry nie ... die verrassing is Woensdag. Gekskeer was ook hoog op die lys. Elriza weer het 'n rokbelegging gemaak wat nog lank in die nageslag gebruik sal word.

Page3

Toe met die metro-trein na die volgende winkelsentrum, mall of the Emirates (kyk labels vir meer foto's daarvan).

Page4

Ons derde winkelsentrum van die dag was die Dubai mall waar ons die akwarium besoek het. Weer kon ek die versoeking om die visse af te neem nie weerstaan nie. En natuurlik moes ek nog beheer ook uitoefen

. Page5

Mens kry net nie genoeg van die visse nie.


Page6

Verskillende soorte visse en ook 'n "Willem-vis"


'Page7

Die dag het te lank begin word en ek het al my dae gehad om die twee op die tou brug en spinnekopweb in toom te hou.

Page8

Die pikkewyne was 'n hoogtepunt want hulle het behoorlik vir ons 'n vertoning gegee. Lyk asof die ou vir Elriza vra vir 'n koppie-krap.


Page9

Hierdie twee lyk asof hulle vassit in die vaas. Enige iemand wat wil raai wat die diere op die ander twee prentjies is?

Dubai was nog nie klaar vir die twee nie, maar ek vertel later weer.

Liefde

Friday, August 31

Dis lente .... of is dit nie?

Dis heerlike lente, die winter's verby .... Ek onthou op lentedag het ons dit gesing, daar was baie blomme en ons het 'n lenteloop gehou. Almal moes geborg word en honderde skoolkinders en ouers het deur die strate van die dorp geloop en na die tyd het elkeen 'n medaljes gekry. Goud, silver of brons na gelang van die afstand wat jy geloop het. En natuurlik dan ook nog, die bloeisels op baie bome. Dit gebeur egter nie hier nie. Dis nog heerlike somer en ons wag en bid dat dit winter moet word. Hier soek mens nie nog vir herfs nie ... die koue moet sommer direk kom en asseblief in volle sterkte, al weet ons dat dit slegs temp in die laat twintig beteken.



So op ons lysie van "dinge om te doen voor die skool begin" was Dubai se Ski World by die Mall of the Emirates. (Terloops die skool begin more eindelik na drie maande - yippieee!!!!) Hier is ons gereed vir 'n uur se koue.



In die igloo. Nelmari het besluit sy is te lank om daar in te gaan alhoewel ek maar ook moes gekruip het. Annie daai NZ handskoene het hier baie handig te pas gekom.

Nelmari is nie veel gepla met die koue nie. Eers wou sy ski, maar sy wil dit nie alleen doen nie. Ek weet nie of sy vir een oomblik gedink het ek of Charmaine sal dit saam met haar doen nie. Jinne ek het mos kniee. Gelukkig het sy onthou dat die skool saam met die sportseisoen begin en 'n besering nou, sal baie slegte tydsberekening weesDis "besig" by die "ski-oord" soos almal die "slopes" wil aandurf. Ons hou maar net vanaf die "uitkykpunt" dop.
Oppad na die bo-punt van die "slope". Mense onthou nou dat hierdie plek binne in 'n mall gebou is!!Kyk hoe hoog gaan mens op na die bo-punt!!! Die mense ski of snowboard van bo af.

Aan die eenkant kan jy die mall sien. Hier is klomp restaurante waar mens kan sit en kyk hoe die ander koud kry.


Hier gaan Nelmari af. Dit gebeur so vinnig dat mens nie eintlik 'n foto kan neem nie.Ken hierdie mannetjie glad nie, dit bly net snaaks dat hulle die woestyn en sneeu sal aandurf met die witrokNelmari beplan om 'n sneeubal te gooi en sy lyk klaar baie skuldig. Ek het nie 'n sneeubal of ski's nodig gehad om 'n stukkie van die Ski World te koop nie, die gladde sneeu was genoeg. Nou kan ek mense my blou knie wys en sĂȘ dit het by Ski World gebeur ... en miskien dink hulle ek was braaf genoeg om te ski.
Julle sal bly wees om te hoor dat ek hierdie keer nie die mall afgeneem het nie ('n ander keer as julle dit regtig wil sien). Hierdie foto is van die "court" na die parkeerarea.