Monday, August 13

William nog steeds by die A.D.W.C

So 'n paar dae terug het ek William se uitstappie na die Abu Dhabi Wildlife Center met julle gedeel en belowe die res van die diere volg. Hier is die foto's wat hy op dag 2 geneem het.



Die hokke van die diere.



Lyk nie heeltemal of die tier die vreemde ou in die hok vertrou nie of oorweeg hy hom dalk as middagete.

Die swart panter lyk ook nie baie gelukkig nie.

Die jagluiperd lyk darem heel rustig

Die ou met die kamera fasineer hierdie ou

Het julle geweet hulle klim teen mure uit?
Hierdie ouens is baie nuuskierig om te sien wat Will doen
Jy kan maar in die son staan en foto's neem ek bly net hier in die koelte lĂȘ hierdie tier en dink.
Hierdie ou het 'n probleem met sy stert. Kyk bietjie in my photo album wat hy alles aanvang.


Die Tierboskat kan maar net lag vir die "ou" Tierboskat wat die foto neem.

(In die Voortrekkers destyds in SA was William lid van die Tierboskatskap)

Loer bietjie more na nog foto's van die leeus en hoe William sy hande behoorlik volgehad het.



















1 comment:

Anonymous said...

Dis verskriklike oulike foto's van die diere. Ek het ook na die in die album gekyk. Was hy binne in die hok saam met hulle? Is hulle so mak? Karin