Monday, October 1

Olke bolke ....

Die vrouens wil bietjie handwerk en Elise bied aan om vir ons te leer. Sy noem allerhande opsies en ek bly maar stil, laat die jonger mense besluit wat en hoe .... Eintlik besluit hulle op sakke vir die groep waarop ons servette gaan stryk. Ok nou onmiddelik het ek 'n prentjie in my kop en vir geen oomblik kan ek dink dat dit "kuns" en "handwerk" is om 'n servet op 'n sak te stryk nie. Gisteraand daag ons toe by haar op vir die "klas", ek met 'n groot vraagteken in my kop.



Elise het alles mooi uitgepak en sy verduidelik wat elke ding is en wat ons daarmee gaan maak.


Ons moet vir ons 'n servet uitsoek om op die sak te sit. Jinne en het sy 'n verskeidenheid. Amelia en Charmaine het vreeslik gewonder watter een om te kies.

Nelmari en Corinna redelik seker wat hulle wil doen al het Corinna ons "getreat" met 'n sangnommertjie

Die prentjie moet aan die gom vasgestryk word en Elise verduidelik vir Amelia
Iets wat ek nie elke dag sien nie, Nelmarie met 'n yster (ons het 'n strykman wat ons klere stryk). Hier stryk sy haar prentjie vas.

Sy werk aan haar prentjie se raam.

Orals ewe ver van mekaar af verf Amelia haar raampies en sy is doodstil.
Corinna ook hardbesig met haar raam.
Ek werk darem tussen-in aan my prentjie ook terwyl ek foto's neem
Charmaine konsentreer hard met die ligblou verf
Hier is haar eindproduk, muise om die teetafel
Myne kom ook klaar....bont koeie
Corinna se rustige klassieke werk
Nelmari se vrolike feetjies
Amelia se kleurvolle blom
Met ons sakke reg vir shopping .... of is dit rugby wat nou-nou begin?

Dankie Elise ons het dit almal verskriklik baie geniet. Ek dink elkeen se sak vertel sy eie storie en ons wag om volgende Sondag jou beertjiesak te sien! Die vrouens wat vanaand nie kon kom nie, julle het ernstig uitgemis.

2 comments:

Anonymous said...

Dit was regtig 'n wonderlike aand. Baie dankie vir almal van julle. Ons is trots bo-op ons sakke!!

Anonymous said...

haai, ek laaik julle sakke hoor? Dis knap gedaan. liefde Elriza