Thursday, October 25

Wat is dit?

Ek het julle mos vertel van hoe ek gevoel het oor die ouens se porsies op die konferensie. Verlede Saterdag het ons 'n opvolg dag by my huis gehad om op te vang op die sessies wat ons self nie kon bywoon nie. Natuurlik moes ons eet- en drinkgoed verskaf en ek het dit baie duidelik gestel ek gaan nie my koeksisters deel nie ... netnou word dit gemors. Maar ons sal nice wees en Charmaine sal melktert maak en ons sal van hulle tradisionele eetgoed verskaf.
Nou moet julle my nie vra wat dit is nie, maar mens koop dit by die winkel se gebak, so uit die goedheid van ons harte koop ons 'n verskeidenheid. Eerlik fasineer daai groot geel,oranje balletjies ons ... en nee dis nie vir juggle nie. Wat sal binne in wees?

Ons sny dit oop, maar die binnekant lyk net soos die buitekant en ons is niks wyser nie. Iemand sê dis nes rice crispies net geel. Vir my lyk die oranje na wortelstukkies en die groen na komkommer, maar die geel kan nie geidentifiseer word nie. Iemand moet dit proe, en die brawe een wat hou daarvan om nuwe goed te proe en weet van clowning en juggle besluit om die geel balletjies te proe.
Vertel hierdie gesig nie alles nie ....dis heerlik!!!! (Sien maat ek weet ek gaan in die moeilikheid wees oor die foto, maar dis klein!)

Die ander koekies lyk beter en volgens Nelmari proe dit ook lekker. So sal dit seker wees as dit na 'n soet kondensmelk proe. Ons goeie daad was toe nie so wonderlik nie, want hulle het liewers van die melktert geeet en ons met die koekies agtergelos.

5 comments:

Anonymous said...

Hey maat... dis klein wat?? As jy gedink het moeilikheid, dink weer... ek het ook so paar foto's ok? :-) maar ja, ek dink nie daai stuffies sal ooit op my imkopielys kom nie.. dis weird om die minste daarvan te sê.

Sandra said...

Lees ek reg...'n dreigement hier op die heilige Sondag Vrydag? Ek neem kennis maar dan moet jy ook onthou iemand se verjaarsdag kom nader en ek neem al baie langer foto's!!

Anonymous said...

Ek is 'n dapper muis... ek skrik nie vir koue pampoen nie :-)

Anonymous said...

Moet die Amerikaanse invloed wees dat jy foto's met pampoene vergelyk :-). Snaakse kombinasie in jou huishouding ... F.R.O.G, kat, binnekort honde en dapper muis. Eet en jaag die klomp mekaar nie?

Anonymous said...

Nee ons leef almal saam in perfekte harmonie...;-)