Thursday, October 4

Nelmari se week van wedstryde

Dit was behoorlike 'n besige week vir Nelmari en die sport. Sondag het hulle weggespring met 'n tuiswedstryd teen ACS (American Community School) wat gewoonlik goeie wedstryde is omdat die twee spanne mekaar lekker opdreun. Maar ek weet nie presies wat het gedurende die naweek oor die afrigters se lewe geloop nie, ek weet net ons ouers was redelik warm (en nie van die weer nie).
Die eerste stel verloop soos ons gewoond is en die spanne speel 'n taai stel. ACS wen en ons is nie te bekommerd nie, want ons glo die span kan in die tweede stel terugkom.

En dan trek die afrigters hulle haas uit die hoed uit ....hulle vervang die hele span met die B-span (en sy het nie eers nodig om 'n kwota stelsel te gebruik nie). Moenie paniekerig raak nie praat ek myself en die ander ouers moed in, hulle sal die span terugbring sodra ons te ver agter raak.

5 - 0, 10 - 0, 15 - 0 nou moet sy darem regtig 'n verandering aanbring ... maar o wee nee. Kyk hoe lyk die "bench". Die afrigters hou wraggies die klomp groentjies aan sodat hulle 'n behoorlike pakslae kry. Toe die ander opkom vir die derde stel speel hulle met lood in die voete want die wedstryd is reeds verloor.... die ouers was omgekrap. Die nuwelinge het net mooi niks geleer behalwe om verneder te word nie, hoop hulle (die afrigters) vang nie weer sulke stupid goed aan nie. Jammer Lions die verloor was hierdie keer nie julle skuld nie, volgende keer!!

Go Lions!!!
***************************************************************

Dinsdag kry ons besoek van UAS (Universal American School in Dubai). Nadat omtrent al die ouers 'n praatjie met die afrigters gehad het, hoop ons dat dit vandag bietjie beter sal gaan. Ek dink hulle weet die taktiek was verkeerd verlede keer.

Wonderlik die Leeu ook daar is om ondersteun. Vandag was hy vol lewe met handstaan, bollemakiesie en mexikaan wave. Hier is die span saam met hom net voor die wedstryd. Die afrigters op die agtergrond bespreek taktiek .... waarmee verras hulle ons vandag?
Hulle luister na ons raad en laat die span eers die wedstryd wen voordat hulle die nuwelinge 'n kans in pot 3 gee. Hier luister die span wat die afrigters wil hê hulle moet doen.

Ons wen die wedstryd 2 - 1, dankie tog. Hier skud hulle hand na die wedstryd. Nelmari voor en Minri dek die agterhoede.


*************************************************************

Gister was dit weer ons teen Al Nahda skool. Die eerste stel speel ons meisies skitterend al verloor hulle net-net die stel. Die tweede stel is iets ysliks en ek weet nie of die son in hulle oe geskyn het in die gym nie, maar hulle kyk al die balle mis. Die juffrou besluit om weer die B-span op te sit vir stel nr 3 en natuurlik gaan dit toe maar sleg. Ons verloor die wedstryd 3 - 0.

Ek moet bysê die rede vir die groot sukkel vanjaar is Syria. Van ons spanlede gaan nie saam na die toernooi in Syria nie (die Amerikaners in die span kan oa nie visums kry nie), so hulle moes 'n paar van die jonger span se nuwelinge gaan leen. Met die dat dit juffrou hulle wedstryd oefening wil gee, kry ons ouers paniekaanval op paniekaanval oor die span wat vanjaar so sukkel. Ek's bly ek gaan nie saam Syria toe nie - dit gaan maar 'n stryd afgee en nie soos Egipte verlede jaar wees nie.

Go Lions, please Go Lions!

No comments: