Sunday, October 28

Oulike kompleks

Ek het nog belowe om te vertel van die kerkkompleks in Dubai. Het nie vreeslik eerstehandse inligting oor dit nie, behalwe wat ons gesien het tydens die konferensie. Dis 'n dubbelverdieping plek met op die boonste vloer oa vier "sale" waar dienste gehou word.
Ek vermoed hierdie is die hoof "kerk" want dis ook waar die klankstelsels en goed is. Vlae van al die nasioinaliteite verteenworodig hang in die saal. Soos julle kan sien is ons vlaggie ook daar reg op die punt. Daar is ook badkamers ens op die eerste vloer en .... 'n hysbak.
Onder is daar verskeie kuierhoekies, klompe klaskamers, speelkamer vir kleintjies, kantore en ook 'n koffiewinkel.
Daar is ook 'n soort van 'n hout "verhoog" in die middel wat mens natuurlik allerhande dinge kan aabied of doen.'n Groot boek/cd winkel van die Gulf Bible Society is ook hier waar mens regtig 'n groot verskeidenheid goed kan koop.
In ons kerkgebou waar 18 verskillende kerke bymekaar kom, kan ons nogal doen met soveel spasie en klaskamers. Die nuwe aanbouings wat September 2007 sou klaar wees, is natuurlik nog nie klaar nie, maar daar word gewikkel, kyk bietjie.
Dit was die "ou" kerkkompleks waar ons gereeld Vrydae en Maandagaande vir die kindergroep bymekaar gekom het.
Hierdie nuwe veranderings is toe beplan vir die "nuwe" kerk met die regterkant se stuk heeltemal nuut met 'n nuwe "kerksaal", klaskamers, kantore ens ens. Die gedeelte aan die linkerkant sou nog so gehou word. Die koste vir die aanbouing was geskat op meer as Dhs10 miljoen. Die kerk het sover met donasies, skenkings en lenings van kerkgangers slegs 'n tekort van Dh1,167 000 wat nie te sleg is nie. Dit het beteken dat hulle geen banklening hoef uit te geneem het nie.
Met die boukostes en alles wat so vinnig styg, is daar toe besluit om sommer dadelik ook met fase 2 aan te gaan, 'n nuwe linkerkant ook. (Ek's tog so bly want dit het nie heeltemal so goed gelyk nie). Daarvoor sal die kerk dus net 'n Dh 7 iets miljoen ekstra nodig hê. Ek's nie seker of ek ooit die hele voltooide kompleks sal sien hier in Abu Dhabi nie, maar ek sien uit na die voltooiing van fase 1 en vir die gebruik van die nuwe klaskamers en goed.
Die vensters en goed word nou ingesit en hopelik binnekort. Ek sal julle beslis vertel van hoe dit binne lyk sodra ons intrek.

No comments: