Die volgende vier dae woon ons 'n Kinderbedieningskonferensie in Dubai by. Dit word gereel deur die Beyond Words groep en die aanbieders kom van Engeland, Amerika en Australia. Die Engelse is nogal groot mond oor die rugby en nie eenkeer word die Springbokke genoem nie. Kom more gaan ons hulle beslis reghelp.

Hier is almal besig om te registreer vir die konferensie. Ek vermoed dat ons meer as 300 mense hier is. Groepe van Bahrain, Qatar, Oman en Lebanon het gekom om dit by te woon.

Kostyd voordat die konferensie begin en almal wag geduldig in die kosry.










Ons maak amper 'n uur later as beplan klaar, maar almal sien uit na more en al die nuwe dinge wat ons gaan leer. Miskien kry ek nie eers kans om gereeld te blog nie, maar ek sal julle graag wil vertel hoe die werkswinkels afgeloop het.
No comments:
Post a Comment