Friday, October 5

Seuns op Vorie kamp

Dis altyd lekker om 'n "verslaggie" van die seuns te kry. Die afgelope vakansie is hulle af Kaap toe vir 'n kamp en hier is James se terugoering daarvan:

Dit was weer tyd vir die Bloemfontein Holloway (nou HollowayS) se jaarlikse trippie af Kaap toe vir die Graad 7 kamp van die Kaapse Voortrekkers. Dit was maar ‘n lang wag om daar te kom nie net oor die meer as 12h rit op die bus nie, maar ook oor die nuwe kamp terrein wat vir die eerste keer hierdie jaar gebruik word en die lesings wat ons sou moet aanbied.
Hier is ons die oggend al op Drie Susters na die aand se 12h00 opklim. Dit was nie ‘n slegte rit sover nie maar mens sukkel maar om goed te slaap. Daar is mos altyd mense voor jou wat hul stoele verder as nodig afslaan. Op hierdie stadium het ek maar net die vetplante besigtig en biejie vars lug geskep voor die res van die rit.Darem nou al tot Laingsburg gevorder en iets sê vir my hier was ek maar moeg van bus ry. Darem was dit afdraend van hier af en WAS ONS AL AMPER 2 URE AGTER SKEDULE!

Kom toe uiteindelik meer wakker by die kamp terrein aan die aand. Was maar te bly om van Bloemfontein se hitte te ontsnap en die koue van Betties Baai het nie te veel gepla nie.

Met die eerste naweek van die kamp net vir toetsing het ek en William maar ‘n rustige begin gehad. Kon gaan stap by die see, en net weer so bietjie in die hele ‘kamp’ ding se roetine inkom.

Toe die toetsing uiteindelik verby is kon die sports begin en hier is Oom Jan besig om ernstig iets te verduidelik. Natuurlik was dit ‘n Seekamp gewees so als van die branders tot strand plante moes verduidelik word.
Maar tussen in kon ons darem ook lui wees. Hier met ‘n stap langs die strand af vind die kinders uit hoe sag die bossies is. Net reg vir ‘n middag slapie terwyl die res van die groep opvang.

Ek moes toe ook die lesing wat ek en William moes doen oor branders en getye aanbied, maar ek dink nie William het iets geleer nie want hy was maar min byderhand.(Darem was hy daar om die foto's te neem seun) Met ‘n paar praktiese voorbeelde dink ek het van die kinders bietjie verstaan hoe die see werk.

Op een van die dae is ons af na die Harold Porter Botaniese Tuin, en die klomp verskillende plante was nogal opvallend. Ek dink die man was baie gelukkig om so tuin te he vir ‘n privaat tuin voor dit ‘n publieke tuin gemaak is.

Ons is ook af na Stoney Point waar die pikkewyne met hul happy feet broei. Hier is ‘n baie mooi foto van die ou hawe wat oorspronklik ‘n walvis dorpie was met ‘n ou boot wat al vir hoe lank gestrand le in die hawe.
Van die manne was nogal heel nuskierig vir die mense wat na hul kyk en het lekker saam gespeel vir al die fotos.

William was darem heel uitgerus die heel naweek en het die laaste paar dae sommer net met oom Jan se hoed rond geloop. Ek dink hy het dit ook darem geniet.
Dit maak natuurlik dat oom Jan moes ander maniere kry om sy kop warm te hou.


Nog foto’s sal volg later met nog so groep fototjie of twee. Maar in die algeheel kan ek nou se ons het ‘n lekker week op die kamp gehad en sal beslis volgende jaar terug kom om weer in die sports te kom deel.
Ek wag in spanning vir die ander foto's seun. Bly julle het dit geniet!!

No comments: