Wednesday, October 10

Sport uitslae

Hierdie week was daar gelukkig net een volleyball wedstryd. Ons speel teen DAA (Dubai American Academy) en met die Ramadan spits verkeer, daag hulle 'n hele twee uur laat op.

Ons meisies besig om op te warm. Nelmari nr 25 en agter haar Jessica vd Walt wat 'n uitstekende wedstryd gehad het.

Hier wag hulle vir die ander span om te dien met Nelmari op die voorgrond. Sy is ook die spankaptein.
Hierdie partydige groep toeskouers is almal Suid-Afrikaners en die kommentaar is iets wat mens moet hoor. Hoe dan anders met 50% van die American Int School se kinders wat Suid-Afrikaners is?
Die afrigter gebruik hierdie keer haar beste spelers vir die eerste twee stelle voordat sy die ander nuwelinge 'n kansie gee. Ons meisies speel baie goed, en DAA is nie te wonderlik nie. Wen die eerste twee stelle en verloor die laaste een met een punt. AISA 2 - 1!!


GO LIONS

No comments: