Showing posts with label Minri. Show all posts
Showing posts with label Minri. Show all posts

Wednesday, September 16

Totsiens maatjie

Dis nooit lekker om totsiens te se nie en hier in die UAE is dit half deel van mens se lewe. Mense kom en gaan gereeld want hier bly jy nie permanent nie, jy werk totdat jou kontrak om is of jy ander geleenthede kry. Vandat ons hier gekom het jare terug, was al drie my kinders geseend om altyd 'n spesiale vriend/in as maatjies te he en 99% van die tyd was dit iemand van die huis met wie hulle in Afrikaans kon kuier en gesels. Dit is/was 'n groot spoil.

Nelmari die een wat die langste nog hier is, het in haar kleuterjare 'n maatjie met SA konneksies gehad en op hoerskool was dit Minri. Wat dit nog meer amazing maak, is dat indien ons in Pretoria gebly het, hierdie maatjie ook haar maat daar kon wees, want Minri se ma was onderwyseres aan dieselfde skool waar die seuns was - en ons het hulle nie geken nie. Wie se nog dat Vader nie vir elkeen van ons sorg nie, selfs met die regte maats.

Maar nou met twee jaar van skool oor het Minri na Wallis vertrek en daar moet totsiens gese word. Nie by die lughawe nie mamma is daar gese want dan sal ek net huil. Nie dat daar nie gehuil is by die groet wat nie by die lughawe was nie.

Page1

Die twee is sulke lekker maats en wanneer hulle bymekaar was, kon jy hulle altyd hoor lag - behalwe natuurlik in 'n game waar hulle ernstig met die oponente afgereken het. Altyd gereed vir sports.

Page3

Op die sportveld, maak nie saak watter sport dit was nie, was hulle 'n gedigte kombinasie wat goed saamgewerk het. Menige kere was die SA-tweeling die verdediging waardeur ander moes kom en op die aanval moeilik om te keer.

Page2

Van die baan/veld het hulle ook saamgewerk en saamgelag, selfs as hulle moes telling hou vir die seuns se wedstryde op moeg vir die mamaratzi moes sit vir foto's.

Page4

Die twee wil altwee in dieselfde rigting gaan swot en voor die planne van Wallis, is daar selfs planne gemaak vir dieselfde universiteit. Ek glo dat julle nie net Abu Dhabi maatjies is nie en dat afstand niks gaan doen aan julle vriendskap nie. En wie weet dalkies sal julle na skool nog saam kan swot .... waar ookal :-).

Dankie dat jy so 'n goeie vriendin vir Nelmari was Minri. Ek hoop dat jy die skool en maats in Wallis net so gaan geniet en ons hou met belangstelling jou vordering in die sport daar dop.

Wednesday, August 12

Pret met die maats

Baie water het in die see geloop .... of nee wag ..... baie sand het in die dorp gewaai sedert ek vertel het gese het daar is 79 vakansiedae vir Nelmari, hoe gaan ons die tyd in die hitte omkry? Dit was g'n maklik nie, maar nou's daar net 19 dae oor en dan begin die skool - vir 2 weke voor daar weer 'n kort vakansie is!!!! Anders as die eerste paar jare lank lank gelede is die dorp nie vanjaar teveel leeggeloop tydens vakansie nie, maar Nelmari se maats het wel bietjie by hulle huise gaan kuier. En so stadigaan begin hulle terugkom, dus kon sy gister bietjie saam met die maats kuier!!

Page1

Omdat mens nou nie buite kan fun he nie, is die jaarlikse "Summer Festival" onderdak en daar is omtrent iets wat in elke kind se smaak sal val. Terwyl ons vir die res van die maats wag, het die twee lekker opgevang met die lag en gesels.

Page2

En baie gewillig en verspot vir die kamera. Onder regs eet hulle een van die favorite nie-arabiese "snacks" hier - mielies wat in suurlemoen botter gemaak is.

Page3

Daar is verskillende sale met temas waar die kinders kan pret he. Gelukkig was dit nog vroeg met min mense en die meisies wat al 4 sport doen besluit die "sports" afdeling is eerste. Al daardie sport wat op die prentjies gewys word, was daar.

Page12

Daar is ook 'n gewone cinema waar rolprente vir kinders wys en 'n interactive cinema saam met die vele ander goed wat die klomp kan doen.

Page4

Die meisies besluit op een van die pretritte wat hulle baie vinnig in die rondte, vorentoe en agtentoe en op en af skud. Dis maar 'n dizzie spul wat uiteindelik afklim en besluit .... ander saal!

Page5

Hier word die volgende beplanning gemaak. In die nuwe saal is daar oa rotsklim en onder in die hoek sal julle 'n sweefstok sien. Wat sal mens die opset noem? Elk geval daar word ernstig verby gehou en ek weet nie of hulle bang is of nie. As verskoning noem hulle dat die sportdirekteur nie beindruk gaan wees as hulle met 'n gebreekte been opdaag nie. En maak sommer planne om die arme man 'n "prank" te speel .... die storie sal vertel word!

Page6

Die ander saal het baie meer aktiwiteite oa bo regs 'n foefie-slide wat hulle natuurlik nie die woord van verstaan nie, 'n reuse hindernisbaan in die lug, adventure park en science speelplek waar die meisies ook stop en loer. William hierdie deel sou jy geniet het.

Page7

Daar is ook 'n Culture/Heritage saal en hier het ons eers staan en luister na ons Zoeloe dansers. Hulle was net so een stalletjie ver van die Australie stalletjie waar die ouens 'n kangeroe storie vertel het --- of miskien was dit oor verskonings vir verlede week se wedstryd wat hulle verloor het

.Page8

Die Jungle adventure was meer vir die kleintjies - met watervore wat deur die park loop en orals diere uit Afrika wat eet en beweeg. Die kinders klim dan in 'n kano en roei deur die park terwyl hulle na die diere kyk.

Page9

Van die ander snaakse goed wat daar was, was singende kewers ... moenie vra nie want ek weet nie, maar hulle kom van Australia af. :-) 'n Groot ronde bal waarin jy klim en dan kegels probeer omrol, glybane en scary "house" waar mens seker jou longe uitgil.

Page10

Die meisies besluit op nog 'n rit en hier kon ek nie een foto kry waar hulle nie skree nie, maar dit lyk tog na vet pret.

Page11

Als en als het die meisies die middag geniet en dit word afgesluit met henna op die hande. Die mense doen so baie vir die kinders om hulle besig te hou en altyd is daar bietjie kultuur en geskiedenis by en probeer hulle die leuse van die ou President en sheikh wat so baie goeie dinge in Abu Dhabi gedoen het, uitleef.

20

Ek dink dis iets wat ons almal maar ter harte kan neem.

Friday, February 8

Sport met gemengde welslae

'n Koue en besige sportweek sal hierdie week seker die beste beskryf. Ons het regte winter hier in die woestyn en die bietjie warm klere wat mens het, word behoorlik opgebruik.
Sondag is Nelmari hulle Dubai toe vir 'n wedstryd teen DAA. Die span het goed vertoon en waar DAA hulle gewoonlik ore aansit, was die eindtelling slegs 3 punte verskil. Dit voorspel 'n goeie seisoen.
Dinsdag kyk ons na 'n baie eensydige wedstryd toe die dogters teen Al Nahda speel. Hulle loop so ver voor dat daar by tye groot insinking in die span en toeskouers se aandag is. Hier is Nelmari oppad om 'n doel te skiet. Die skeidsregter verduidelik en Minri se kyk vertel my sy glo hom nie eintlik nie.
Ek het hierdie week ook na 'n klein Suid-Afrikanertjie Jennifer gekyk. Sy het haar eerste wedstryd bygewoon en elke keer as sy Nelmari op die baan herken hierdie gesiggie opgesit.Woensdag het 'n moee span teen hulle aartsvyand ACS te staan gekom. Hier word die spelers aan die toeskouers voorgestel.
Al verdedig Nelmari en haar spanmaat goed, het ACS nie 'n probleem om die punte teen ons op te stapel nie.

Hier kry sy die bal weg van die teenstaander, maar dis nie genoeg om die wedstryd te wen nie. 'n Lekker verloor maar die seisoen het nou net begin en ek het moed vir die span.

Saturday, November 17

Sokker uitnodigingstoernooi

Dis nou een ding van die skolesport in hierdie dorp - dis seisoen is kort, vinnig en besig. Na heelweek van sokker het ons gister 'n heeldag uitnodigingstoernooi moes sit en kyk. Gelukkig is dit nou effens winter hier, 28 grade gister, maar die sonnetjie het ons toeskouers maar lekker gekou. Hier skop Minri die bal veldaf teen 'n span van Dubai. Nou soos julle weet, dis nou as julle die sokker blogs lees, sukkel AISA se JV spannetjie hierdie seisoen maar, en die goaly en verdedigers kry baie oefening.
Een van die afrigters, Sandy Campbell (onthou jy hom Will?) praat met die span na die eerste wedstryd terwyl die ander afrigter luister. Nelmari en Minri lê moeg teen die muurtjie.
Die vier Suid-Afrikaners in die dogters span, daar is in die seunsspan ook! Agter Nelmari en Minri en voor Michelle en Jessica. Sonder om te spog moet ek bysê dat ons dogters die sterre in die span is.Nog 'n SA ding wat sy kop toe uitsteek, alhoewel effens met 'n Amerikaanse geur was Wynand (SAfrikaner) wat gebraai het. Nou wel nie lekker tjops en boerewors nie, maar wel worsies vir hotdogs en patties vir burgers. Die arme man is toe heeltemal onvoorbereid gevang en moes die kos met 'n papierbord omdraai.
Hier is Nelmari (25) tydens hulle wedstryd teen ACS. Hulle span het tydens die hele toernooi net een doel aangeteken en weer was sy die een wat die doel geskiet het.

Hier kom sy langs die lyn afgehardloop. Die span het behalwe vir een wedstryd teen DAA (Dubai American Academy) waar hulle behoorlik verloor het, goed vertoon en mens kon die verbetering met elke wedstryd sien. Bygesê die hitte het sy invloed op al die spanne gehad.Die einde van die toernooi en die spanne gee mekaar hand. Ons meisies eindig 3de! Daar is hoop vir ADSAC en ISAC. GO LIONS!!

Wednesday, November 14

Pan-Arab Spele en sokker

Op hierdie stadium bestaan almal se middae uit sokker met groot frustrasie. Die spannetjie kom al mooi reg, maar dis nog nie goed vir die bloeddruk en gestel nie. Gister het hulle teen AIS (Abu Dhabi International School) gespeel en van die begin af het die klompe baie beter gelyk as vorige wedstryde




Die juffrou praat ernstige met hulle om te kyk of die foute uitgestryk kan word. Nr. 25 (Nelmari) en Nr 15 (Minri) luister baie aandagtig.




Soveel keer het ons in hulle doelgebied geboer sonder om 'n doel aan te teken. Met halftyd was die telling nog 0 - 0 maar net na halftyd staan ons 'n "straf doelskop" af en met niemand om te keer nie, was dit net teveel vir die doelwagter. Dis of die span se moed gebreek is en hulle staan nog een doel af. Aan die einde van die wedstryd is die telling 2 - 0 vir AIS alhoewel ek dink ons het 'n baie goeie wedstryd gehad. Die naweek speel hulle 'n mini-toernooi en dan is dit heeldag bloeddruk probleme. GO LIONS!!

Nog 'n sport item wat in die omgewing gebeur is die Pan-Arab Spele wat in Egipte gehou word. Omtrent 7000 atlete van 22 Arabiese lande in 30 sportspoorte gaan deelneem.

Hier is nou werklik nie 'n probleem oor wat die atlete aantrek nie, almal dra rokke (by die olimpiese spele is dit partykeer net omgekeerd ne) Hier is die span van die UAE met die opening. Nou nie skares mense wat gekyk het nie.







Met die vorige Pan-Arab spele het die UAE omtrent 15 medaljes gewen en vanjaar wil hulle ten minste 50 wen. Hulle is nou nie sterk met atletiek nie, maar hulle het veral hulle hoop op die skiet-, seiljag en swemspanne. Ander sporte is oa sokker en basketbal.
'n Paar van die "royals" staan ook kans om 'n medalje of twee te wen. Een van die baanbrekers vir vroue sport hier is die dogter van die Sheikh Mohammed van Dubai. Sy is dan ook die een wat tydens die openingseremonie die vlag van die land gedra het. Kan baie beteken vir vroue sport in die land waar vroue maar aan die agterspeen suig - as 'n koninklike nie net aan sport deelneem nie, maar ook presteer. So ons hou styf duime vas vir Shaikha Maitha.

Monday, November 12

Die eerste doel van die seisoen!!!

Wedstryd nr 2 van die seisoen is gister teen ACS (American Community School) gespeel en gewoonlik is die wedstryde teen hierdie twee skole 'n tawwe storie.

Maar soos ek met die vorige wedstryd gesê het, ons dogters is nog aan die begin stadium van hulle oefening en mens kan dit nog sien in die wedstryde ALHOEWEL daar reeds volgens my verbetering is vanaf die eerste wedstryd. (James gaan jy kom ref Desember, gister se ref - op die foto - was meeste van die tyd in die meisies se pad)

Ek het tydens die wedstryd by die kinders gesit en kon luister na die afrigters se spanpraatjies en taktiek. Dit is dan ook die laaste week waar al die kinders in die span (en daar is klomp) 'n beurt kry om te wys hoekom of hoekom nie hulle in die span moet wees. Met tye wat die regte kombinasie op die veld was, kon mens sien dat die span kan goed doen.
Wanneer drie van die vier Suid-Afrikaners in die span egter 'n ruskansie vat gebruik die ander spanne die geleentheid om 'n doel te kry. Nelmari het die span se eerste doel met 'n dwars skop oor al die spelers, doelwagter inkluis, se koppe gekry. Dit was eintlik snaaks om te sien dat sy net soos die ander verras was toe die bal in die hoekie ingaan.
Vir my was die spelers van die wedstryd die SAfrikaners, Minri wat 'n barshou verdedig het, Nelmari wat die doel aangeteken en 'n paar keer veld af gedribbel het en Jessica wat net die heeltyd werk gesoek het en die bal probeer kry het. Ons verloor egter 3 - 1 maar daar is rede om positief in plaas van negatief te wees oor ons meisies se verbetering van die vorige wedstryd.
Go Lions!!

Tuesday, October 23

Nelmari speel in ADSAC toernooi

Maandagmiddag/aand was dit weer tyd vir die ADSAC toernooi vir skole in Abu Dhabi. Ons skool AISA het nie die beste van seisoene tot dusver gehad nie en soos die Engelse rugbyspan kan ek ook aan klompe verskonings dink. Kort seisoen, Ramadan, nuwe span omdat ou spelers opgeskuif het Varsity toe, swak taktiek deur die afrigters ens. ens. maar soos ons nou met die rugbybeker sê, dit tel alles niks, dis die einde wat saak maak.

Hier warm twee van die skole op voor die begin van die toernooi.

Ons span ook besig om op te warm. (William herken jy die ou met die wit hemp hier reg voor?)

Dan is dit tyd vir die eerste wedstryd, ons teen ACS, ons aartsvyande. Die telling werk anders as gewoonlik en ipv tot 25 speel, speel hulle tot 15. ACS wen die wedstryd

Die twee "stouters" van die span, Nelmari en Minri deel 'n grappie na die wedstryd, glad nie bekommerd oor hulle verloor nie.

Ons speel nog drie wedstryde waarvan ons twee wen.

Nabetragting na die toernooi want hoewel die UAE seisoen nou verby is, gaan 8 van hulle volgende week nog 'n toernooi in Syria speel

Die span - wat 3de in die toernooi eindig!!!

GO LIONS volgende seisoen probeer ons weer.

Thursday, September 27

Dis alweer sulke tyd

Die volleybal seisoen is op dreef en die wedstryde volg nou baie nader aan mekaar met ADSAC wat einde van Oktober voorlê.


Nelmari en Minri is op hulle pos as tellinghouers vir die Varsity span se wedstryd

Die toeskouers gereed vir die wedstryd en die groep Suid-Afrikaners hoop dis die begin van 'n goeie week vir sport


Die afrigters dink nog oor die laaste wedstryd planne en die maskot Louwtjie die Laeveld Leeu is nie teenwoordig nie. .. dis Ramadan. Wat het 'n leeu en Ramadan in gemeen? ...G'n idee nie.

En dan is die meisies ook gereed vir hulle wedstryd teen die Britse skool Al-Khubaira


Nelmari gereed en wag vir die afslaan.
Na drie naelbyt rondtes gooi hulle die hande in die lug !!!! Uiteindelik hul eerste oorwinning met 25 - 13, 22 - 25 en 25 - 23.

Go LIONS!!!