Showing posts with label Eetgoed. Show all posts
Showing posts with label Eetgoed. Show all posts

Saturday, March 22

Die seuns eet darem ook

So af en toe lyk dit my eet die seuns darem ook. Gedurende die week was hulle bietjie Spur toe en James stuur hierdie verslag .... Soos gewoonlik (se James) moes hy ook sukkel om 'n foto van William sonder gesigtrek kry. Hier is hy en 'n vriendin Tessa.
Kos is op die tafel en nou is William gelukkig. Ek is nie seker wat hulle geeet het nie, dit lyk na 'n Mexikaanse dis.
Dit lyk asof James besluit het om op hulle stapelvoedsel "rys" te bly. Foeitog seun het jy nie vleis gehad nie en wat makeer jou om daai hemp te dra.
Oooo nou sien ek, Leane (die strepietjie ding wil nie werk vandag nie) het al die kos by haar. Ek verstaan sy wil darem ook bietjie groei...
Dankie vir die foto's seun.

Thursday, October 25

Wat is dit?

Ek het julle mos vertel van hoe ek gevoel het oor die ouens se porsies op die konferensie. Verlede Saterdag het ons 'n opvolg dag by my huis gehad om op te vang op die sessies wat ons self nie kon bywoon nie. Natuurlik moes ons eet- en drinkgoed verskaf en ek het dit baie duidelik gestel ek gaan nie my koeksisters deel nie ... netnou word dit gemors. Maar ons sal nice wees en Charmaine sal melktert maak en ons sal van hulle tradisionele eetgoed verskaf.
Nou moet julle my nie vra wat dit is nie, maar mens koop dit by die winkel se gebak, so uit die goedheid van ons harte koop ons 'n verskeidenheid. Eerlik fasineer daai groot geel,oranje balletjies ons ... en nee dis nie vir juggle nie. Wat sal binne in wees?

Ons sny dit oop, maar die binnekant lyk net soos die buitekant en ons is niks wyser nie. Iemand sĂȘ dis nes rice crispies net geel. Vir my lyk die oranje na wortelstukkies en die groen na komkommer, maar die geel kan nie geidentifiseer word nie. Iemand moet dit proe, en die brawe een wat hou daarvan om nuwe goed te proe en weet van clowning en juggle besluit om die geel balletjies te proe.
Vertel hierdie gesig nie alles nie ....dis heerlik!!!! (Sien maat ek weet ek gaan in die moeilikheid wees oor die foto, maar dis klein!)

Die ander koekies lyk beter en volgens Nelmari proe dit ook lekker. So sal dit seker wees as dit na 'n soet kondensmelk proe. Ons goeie daad was toe nie so wonderlik nie, want hulle het liewers van die melktert geeet en ons met die koekies agtergelos.