Showing posts with label Paarl. Show all posts
Showing posts with label Paarl. Show all posts

Monday, January 28

Hier is almal nou - 7

Na 'n week van foto's is die reunie "verslag" dus amptelik klaar vandag. Ek hoop nie dit beteken dat ons almal eers weer oor 15/20 jaar gaan kuier en praat nie. Deur 'n nuusbriefie sal ons met epos gereeld kontak hou en as ek weet jy lees die blok sal ek gereeld met jou hier ook praat (So almal wat lees, laat weet my met epos, comments of sms dat jy lees).



Nadat ons die kragonderbrekening oorleef en lekker geeet het, was dit tyd vir die amptelike foto's en hier is hulle nou. Ek gaan nie almal se name bysit nie, julle weet wie julle is. Dis jammer almal was nie daar nie, maar ek dink ons het darem 'n groot gros van die mense bymekaar.
Die broer, susters en gades van ander staan mooi en glimlag vir die foto Tannie Retha is ook oop die foto. As mens so na hulle kyk, lyk hulle darem almal nog mooi jonk. (Aangesien jy so baie peetkinders het tannie Omie, tel dit punte as ek sê julle lyk nog jonk?)
Die drie susters vlnr, Joy, Omie en Ruth en voor oom Henry.
Die klomp kleinkinders met slegs Leon, Pierre, Pieter en Johan afwesig - al die niggies is daar!!
Meeste van die klomp wat teenwoordig was en ampertjies is die foto te klein vir almal.
Van die agter en agter-agter kleinkinders wat ook kom reunie hou het.
Na die foto nemery gaan kyk ons skyfies van vroeer jare en luister na staaltjies oor oupa, ouma en die kinders. Die kleinkinders kry ook kans om iets oor sy of haar pa/ma te sê. Valerie is eerste aan die beurt om van Oom Piet te vertel.
Die klomp luister aandagtig na die stories van "hoe stout" hulle was.
Dan is dit die broer/susters se beurt of een of twee liedjies te sing wat ouma en oupa se gunstelinge was Christa begelei hulle.
Sommer gou is ander gunstelinge ook gesing en die groep sing saam. Dankie dat julle dit met ons gedeel het.

In die volgende paar dae sal al die foto's en die foto's wat julle vir my stuur op die web gelaai word sodat julle daarna kan kyk en aflaai dit wat julle benodig So as daar van julle is wat foto's geneem het, stuur dit asseblief Op die oomblik sowat 70+ foto's reeds opgelaai.


Hoe laai julle dit af? Maklik!
Kliek op My Photoalbum (Dis reg tussen Archive en die temp meter op regterkant). Dan kies julle op die linkerkant die folder Familie Reunie, maak op en sien bladsye en bladsye foto's. Wanneer jy wil aflaai of kyk, kliek op foto dit maak baie mooi groot oop. Dan save jy dit net op jou rekenaar


DANKIE AAN ALMAL VAN JULLE WAT GEHELP HET, MET BYWONING, STAALTJIES EN FOTO'S AANSTUUR EN ONDERSTEUNING!!!!

Sunday, January 27

Die laaste klompie kuier foto's - 6

Die laaste bietjie foto's voordat ek die amptelike groepfoto's more plaas. Ek kan nie al die foto's vir almal epos nie, maar ek sal die groepfoto's stuur. Die ander wat die afgelope paar dae op my blok was, kan julle van die folder aftrek, maar meer daaroor more. Ek hoop dat ek wel ten minste een foto van elkeen op 'n stadium geplaas het.

Maxie en Adri (op die regterkant) loop mekaar op die reunie raak. Maxie as deel van die reunie en Adri die eienares van Mooikelder waar ons die reunie hou. Hier gesels hulle ou stories en wys foto's.

Tannie klein Babsie regs, tannie Retha (oupa se niggie in die middel) en George (amper die oudste kleinkind) ruil ook foto's en stories uit.James en Leanè piekniek op die gras. James eet soos gewoonlik.
Ronelle, Denise, Hennik, Jeanette, tannie Beatie en oom Henry deel 'n grappie
Vir party was dit net te warm om buite te sit. Hier kuier hulle in die sitkamer en vra my uit oor Abu Dhabi. (Julle het nou belowe om te kom kuier ne)
Hier is sy alweer besig met handseine. Marie verduidelik en die manne luister.

Pauline, George, Pieter (oudste naamgenoot) en Denise kuier.
Ander Pieter en sy gesin luister en kuier ook saam.
Hier kuier George, Pieter, tannie Omie en oom Henry saam.
Ek wonder wat dink oom Deon met daai glimlag. Oom Thomas verkyk hom ook aan die klomp
Jeanette, Nelmari en Ouma maak asof hulle nie die kamera eintlik sien nie en loer net so skelm.
Daai een .... wie is dit? dink ek Renè vra vir Pieter terwyl Tertia ook probeer kyk.
Hoop julle het die foto's geniet!

Saturday, January 26

Uiteindelik is dit etenstyd - 5

Die van jule wat nie regtig by die reunie belang het nie, het seker al moeg na die foto's gekyk, maar dan is daar ook natuurlik die ouens wat die dag daar was en nie wat hulle ou prentjies wil sien, so verdra dit maar nog vir 'n dag of twee.
Na 'n dag van heerlik kuier was dit eintlik tyd vir kos. Nie dat ons 'n kragonderbreeking vrygespring het nie .... vanaf vier uur was my beplanning op ys tot half sewe.

Die mense wat ons spitbraai gedoen het was egter heel georganiseer en ondanks die onderbreeking en danksy gasbraaiers, was ons kos stiptelik om ses uur gereed. Hier is hulle ernstig besig om die vleis te sny. Dankie Jaco, Carlos en julle vrouens, die kos en diens was puik!
Die heel week karring sy (Marie) my al vir 'n foto van my soos julle ouens wat lees gesien het, en al is sy die jongste is sy verskriklik baasspelerig. Kyk net daai vinger terwyl ek my orders kry .... Haar arme kinders :-)

Ons begin met 'n broodtafel met allerhande lekker brode, botter, konfynte en snoek patee op. Dis tannie Ruth wat hier net versigtig een snytjie neem.
Hierdie klomp eet lekker brood (lyk my dis net ouma) terwyl die grappies en stories van kleintyd vertel word. Jeannette moes altyd my ma se rug krap en Denise .... wel daar is net een van haar en haar stoutwees kan seker 'n boek vol wees. Maar lyk dit asof sy haar daaraan steur .... nee... dis alles een groot grap!

Sommer gou verkeer almal vreedsaam en word daar lekker gekuier.

Die hoofgereg word geskep en bestaan uit baba aartappels, uitjies, bakke vol vleis, en heerlike slaai en groente. Kyk net daai kyk wat ek kry omdat ek 'n foto van haar bord neem....

Chantal skep slaai in terwyl Marie haar beurt afwag. Ek kry 'n glimlag vir die foto.Rene skep haar groente mooi in. Mooi so nig, jy was mos altyd die "soet" ene ne?
Dis besig om die kostafel.Valerie skep haar slaai in en Marie .... staan jy alweer in die ry?

Dan is dit tyd om die klomp georganiseerd vir die "amptelikë" foto's te kry. 'n Provinsiekamp is 'n vulletjie teen die klomp.

Thursday, January 24

Ons stel onsself voor by reunie - 3

Baie gou het almal op die reunie saamgekuier en nuus begin opvang wat baie jare agterstallig was.
Ek mag dalkies 'n foutjie of twee maak met die name, maar hier is tannie Bokkie, Schalk, Chantal, haar man, Carlu, Marie, Jaco en hulle twee seuns, Viljoen, my twee en Leane.

Hierdie klomp gesinne kuier net so lekker saam.
Al oom Dan se kinders, hulle gades en van die kleinkinders kuier hier saam.Dan is dit tyd vir oom Henry as die oudste oorlewende van die kinders die verwelkoming te doen voordat die gesinne voorgestel word.Maxie stel haar broer, suster en hulle kinders voor. Estelle en haar gesin was op die stadium nog nie daar nie.
Tannie Babsie se afstammelinge was baie sterk verteenwoordig. Hier stel Jeanette almal voor aan die groep met Denise wat vir almal vertel sy is eintlik die jongste en mooiste van die klomp.
Die kinders en kleinkinders van oom Dan. In hierdie groep het ons die oudste naamgenoot van oupa (Pieter Schalk) en ook die oudste agter agterkleinkind. Michael het al die pad van Walvisbaai gekom om die reunie by te woon.
Leon en sy familie van tannie Tossie kon ongelukkig nie die reunie bywoon nie, maar hy het 'n boodskap via video vir die familie gestuur wat ons die aand gespeel het.
Dan my klomp familie. Ons drie susters, mans, agt kleinkinders en my ma Bokkie. (Hier is ek agter op die foto Marie!)
Die groepies raak kleiner as ons by die jonger van die kinders kom. Oom Henry en sy nasate. Marius stel almal voor.
Die man wat nie wou praat nie, Schalk stel oom Sammy se kinders en een kleinkind voor. Ongelukkig kon Pierre nie die funksie bywoon nie.
Tannie Omie, Oom Deon en kleinkind TJ. By hand opsteek peiling wys dit dat sy omtrent peetma van 8 kinders teenwoordig is.
Tannie Ruth met haar nageslag. Johan en Marietjie is ongelukkig nie teenwoordig nie.
Tannie Joy stel haar kinders en kleinkind voor. Pieter, sy vrou en nuwe kleinding bly in Johanneburg en kon ongelukkig nie kom nie.
Die jongste seun Bennie se vrou, dogters, gades en kleinseuns word deur Amanda voorgestel.
Die drie Pieter Schalk Viljoens teenwoordig. Op die regterkant Pieter Schalk kleinseun van oom Pieter en op wie die groot verantwoordelikheid van die voorbestaan van die familienaam rus :-). Hy is gelukkig heel gemaklik daarmee .... die Viljoen seuns raak min.

Wednesday, January 23

Reunie - Ons vang al die ou nuus op - 2

Hier is nog foto's van die kuier en gesels op die reunie. Onthou dat die foto's en meer binnekort op 'n album sal wees as julle dit wil aflaai.
Hier word 'n ou storie vertel en lekker gelag. Ronelle, tannie Beatie, Jeanette en oom Henry kuier lekker saam terwyl hulle na ou foto's loer.
Hierdie drie manne kuier net so lekker saam. Kyk net die mooi berge op die agtergrond.
Van die agter en agter-agter kleinkinders in die swembad lekker aan die speel.
Tannie Omie kan nie die versoeking weerstaan om oor die mikrofoon te praat nie.
Hierdie twee manne is baie bly om mekaar te sien, hulle stoei sommer.
Nog word daar gesels. Oom Henry gesels met tannie Retha (oupa se niggie wat al 82 jaar oud is)
Dis warm en Linda se man John maak seker hy het genoeg om die dors le les.
Klein Danae by haar tannie Christa. Lyk hulle nie baie na mekaar nie? Sy was heeldag so stroopsoet.
Jy was so groot beduie tannie klein Babsie vir klein Jaco terwyl Marie en Ruan ook luister.
More wys ek vir julle foto's van die verskillende families wat voorgestel word!