Showing posts with label reunie. Show all posts
Showing posts with label reunie. Show all posts

Wednesday, February 15

Terug na ons kinderdae – groot pret

Laas het ek nog vertel dat ons vreeslik lekker gekuier tydens die reunie ...

Page1_0

Orals was daar groepies besig om op te vang en stories van jare terug te deel. En natuurlik het almal uitgesien na die "item" wat die tannies weer beplan het.

Page9

Hierdie keer het hul van die ander ingetrek en het ons geluister na stories van Dr Wollie en die suster wat "naby" was toe die Viljoen babatjies gebore is.

Page11

Alhoewel hulle 'n "script" gehad het, word die item uit hul kop gedoen en getrou aan die tradisie het hulle almal laat le van die lag.

En deel van hulle "item" was ons ons klomp te laat deelneem aan boeresport :-).

Page1_1

Oud en jonk - en hier moet ek nou praat van tussen 40 - 75 het deelgeneem aan die sakresie.

Page4_1

En 'n bietjie skelm wees was ook aan die orde van die dag. Die jonger een "64" moes 'n voordeel kry. Die ouer tannies was baie baie oulik.

Page5_1

Eier-in-die-lepel was volgende en die oom wys hoe mens dit eintlik doen.

Page7

Almal het so lekker deelgeneem en was groot sports. Die tannies is sommer 'n groot voorbeeld vir ons almal!

Was baie lekker om weer met almal op te vang en daar word al klaar gedink aan 'n tema vir volgende keer .... weet nog net nie wanneer nie!

Friday, February 10

‘n Lekker bonus in die Kaap

So 'n paar jaar terug het ons begin om die familie so bietjie bymekaar te kry met 'n groot reunie, en daarna was 'n gereelde bymekaarkom en opvang op die boeke. En elkeen is uniek en anders van die vorige keer. Gedurende my tyd in SA om Nelmari te help, is 'n bymekaarkom/reunie vir die oorblywende tannies, oom, niggies en nefies gehou.


Page1


Met streng opdragte van die tannies is daar goed in gereedheid gebring vir die dag. Ons was effens bekommerd aangesien ons nie meer "te" jonk is nie en gelukkig het Rene gesorg vir hulp sou dit nodig wees. Na aanleiding van alles wat daar moet wees, het ons sommer geweet hier kom groot sports.


Page2


En soos elke reunie voor dit is daar behoorlik 'n hond uit 'n bos gesels soos almal aangekom het. Nuus is opgevang en foto's is gewys.


Page3


Dit was dodelik warm in Wellington en die paar klein en agterkleinkinders wat saamgekom het, het die swembad omtrent geniet.


DSC_0023


Die reunie is "amptelik" geopen deur die enige oorlewende seun oom Henry.


DSC_0025


En die prop geskiet deur een van die tannies .... nou kan daar regtig gekuier word.


Page4


Piekniek mandjies is uitgehaal en die lekker eet het begin.


Page5


Natuurlik is daar ook gelag dat die biesies bewe en dit nog voordat die tannies/oom se nou reeds "beroemde" item begin.


Daarvan vertel ek later


Monday, January 28

Hier is almal nou - 7

Na 'n week van foto's is die reunie "verslag" dus amptelik klaar vandag. Ek hoop nie dit beteken dat ons almal eers weer oor 15/20 jaar gaan kuier en praat nie. Deur 'n nuusbriefie sal ons met epos gereeld kontak hou en as ek weet jy lees die blok sal ek gereeld met jou hier ook praat (So almal wat lees, laat weet my met epos, comments of sms dat jy lees).



Nadat ons die kragonderbrekening oorleef en lekker geeet het, was dit tyd vir die amptelike foto's en hier is hulle nou. Ek gaan nie almal se name bysit nie, julle weet wie julle is. Dis jammer almal was nie daar nie, maar ek dink ons het darem 'n groot gros van die mense bymekaar.
Die broer, susters en gades van ander staan mooi en glimlag vir die foto Tannie Retha is ook oop die foto. As mens so na hulle kyk, lyk hulle darem almal nog mooi jonk. (Aangesien jy so baie peetkinders het tannie Omie, tel dit punte as ek sê julle lyk nog jonk?)
Die drie susters vlnr, Joy, Omie en Ruth en voor oom Henry.
Die klomp kleinkinders met slegs Leon, Pierre, Pieter en Johan afwesig - al die niggies is daar!!
Meeste van die klomp wat teenwoordig was en ampertjies is die foto te klein vir almal.
Van die agter en agter-agter kleinkinders wat ook kom reunie hou het.
Na die foto nemery gaan kyk ons skyfies van vroeer jare en luister na staaltjies oor oupa, ouma en die kinders. Die kleinkinders kry ook kans om iets oor sy of haar pa/ma te sê. Valerie is eerste aan die beurt om van Oom Piet te vertel.
Die klomp luister aandagtig na die stories van "hoe stout" hulle was.
Dan is dit die broer/susters se beurt of een of twee liedjies te sing wat ouma en oupa se gunstelinge was Christa begelei hulle.
Sommer gou is ander gunstelinge ook gesing en die groep sing saam. Dankie dat julle dit met ons gedeel het.

In die volgende paar dae sal al die foto's en die foto's wat julle vir my stuur op die web gelaai word sodat julle daarna kan kyk en aflaai dit wat julle benodig So as daar van julle is wat foto's geneem het, stuur dit asseblief Op die oomblik sowat 70+ foto's reeds opgelaai.


Hoe laai julle dit af? Maklik!
Kliek op My Photoalbum (Dis reg tussen Archive en die temp meter op regterkant). Dan kies julle op die linkerkant die folder Familie Reunie, maak op en sien bladsye en bladsye foto's. Wanneer jy wil aflaai of kyk, kliek op foto dit maak baie mooi groot oop. Dan save jy dit net op jou rekenaar


DANKIE AAN ALMAL VAN JULLE WAT GEHELP HET, MET BYWONING, STAALTJIES EN FOTO'S AANSTUUR EN ONDERSTEUNING!!!!

Sunday, January 27

Die laaste klompie kuier foto's - 6

Die laaste bietjie foto's voordat ek die amptelike groepfoto's more plaas. Ek kan nie al die foto's vir almal epos nie, maar ek sal die groepfoto's stuur. Die ander wat die afgelope paar dae op my blok was, kan julle van die folder aftrek, maar meer daaroor more. Ek hoop dat ek wel ten minste een foto van elkeen op 'n stadium geplaas het.

Maxie en Adri (op die regterkant) loop mekaar op die reunie raak. Maxie as deel van die reunie en Adri die eienares van Mooikelder waar ons die reunie hou. Hier gesels hulle ou stories en wys foto's.

Tannie klein Babsie regs, tannie Retha (oupa se niggie in die middel) en George (amper die oudste kleinkind) ruil ook foto's en stories uit.James en Leanè piekniek op die gras. James eet soos gewoonlik.
Ronelle, Denise, Hennik, Jeanette, tannie Beatie en oom Henry deel 'n grappie
Vir party was dit net te warm om buite te sit. Hier kuier hulle in die sitkamer en vra my uit oor Abu Dhabi. (Julle het nou belowe om te kom kuier ne)
Hier is sy alweer besig met handseine. Marie verduidelik en die manne luister.

Pauline, George, Pieter (oudste naamgenoot) en Denise kuier.
Ander Pieter en sy gesin luister en kuier ook saam.
Hier kuier George, Pieter, tannie Omie en oom Henry saam.
Ek wonder wat dink oom Deon met daai glimlag. Oom Thomas verkyk hom ook aan die klomp
Jeanette, Nelmari en Ouma maak asof hulle nie die kamera eintlik sien nie en loer net so skelm.
Daai een .... wie is dit? dink ek Renè vra vir Pieter terwyl Tertia ook probeer kyk.
Hoop julle het die foto's geniet!

Saturday, January 26

Uiteindelik is dit etenstyd - 5

Die van jule wat nie regtig by die reunie belang het nie, het seker al moeg na die foto's gekyk, maar dan is daar ook natuurlik die ouens wat die dag daar was en nie wat hulle ou prentjies wil sien, so verdra dit maar nog vir 'n dag of twee.
Na 'n dag van heerlik kuier was dit eintlik tyd vir kos. Nie dat ons 'n kragonderbreeking vrygespring het nie .... vanaf vier uur was my beplanning op ys tot half sewe.

Die mense wat ons spitbraai gedoen het was egter heel georganiseer en ondanks die onderbreeking en danksy gasbraaiers, was ons kos stiptelik om ses uur gereed. Hier is hulle ernstig besig om die vleis te sny. Dankie Jaco, Carlos en julle vrouens, die kos en diens was puik!
Die heel week karring sy (Marie) my al vir 'n foto van my soos julle ouens wat lees gesien het, en al is sy die jongste is sy verskriklik baasspelerig. Kyk net daai vinger terwyl ek my orders kry .... Haar arme kinders :-)

Ons begin met 'n broodtafel met allerhande lekker brode, botter, konfynte en snoek patee op. Dis tannie Ruth wat hier net versigtig een snytjie neem.
Hierdie klomp eet lekker brood (lyk my dis net ouma) terwyl die grappies en stories van kleintyd vertel word. Jeannette moes altyd my ma se rug krap en Denise .... wel daar is net een van haar en haar stoutwees kan seker 'n boek vol wees. Maar lyk dit asof sy haar daaraan steur .... nee... dis alles een groot grap!

Sommer gou verkeer almal vreedsaam en word daar lekker gekuier.

Die hoofgereg word geskep en bestaan uit baba aartappels, uitjies, bakke vol vleis, en heerlike slaai en groente. Kyk net daai kyk wat ek kry omdat ek 'n foto van haar bord neem....

Chantal skep slaai in terwyl Marie haar beurt afwag. Ek kry 'n glimlag vir die foto.Rene skep haar groente mooi in. Mooi so nig, jy was mos altyd die "soet" ene ne?
Dis besig om die kostafel.Valerie skep haar slaai in en Marie .... staan jy alweer in die ry?

Dan is dit tyd om die klomp georganiseerd vir die "amptelikë" foto's te kry. 'n Provinsiekamp is 'n vulletjie teen die klomp.

Friday, January 25

Wanneer verjaar jy? - 4

Op die reunie het ons ook 'n kalender versprei aan almal waarop elke liewe familielid en aangetroude se verjaarsdae op verskyn, dat mens ten minste weet en gereeld kan kontak maak. Nou is daar geen meer verskoning nie. Volgens die foto's lyk dit darem asof almal dit interessante leesstof gevind het, kyk net hier ....

Die Viljoen kinders het elkeen 'n maand gekry en hulle familie se foto's is daarop geplaas met al die familie wat verjaar in daardie maand se name.

(Dankie Elise!!)

Zet blaai deur haar een
Christa en van die niggies loer saam
Pieter, Michelle en Michael lees ook
Kyk net hoe ernstig bestudeer Schalk syne.
Hierdie jongklomp kyk na almal wat hulle nie ken nie
Tannie Beatie en Christa loer ook
Tracey en Gabi het iets snaaks gesien of hulle self herken
Jacques maak ook seker sy gesin se name is op.Tannie Klein Babsie en kleinseun kyk ook na die foto's

Kom ons kyk wie gaan hierdie kalender met datums gebruik. Anneke hoeveel het jou vandag al gekontak met jou verjaarsdag? Baie geluk!!! Indien julle vergeet het, die dag is nog nie verby nie! En John en Mark s'n lê nog voor vir die maand.