Showing posts with label SA. Show all posts
Showing posts with label SA. Show all posts

Thursday, August 14

Walvisse kyk

Ek hoor Hermanus adverteer homself as "Die stad van die walvisse" en ek hoop dis van regte walvisse wat hulle praat :-). Elke jaar gedurende Julie kom groot getalle walvisse in die Hermanus omgewing om te kalf in die beskutte en relatief warm baaie. Eddie het verlede maand bietjie die aankoms van die eerste walvisse kon sien, en hy was baie opgewonde oor die groot groep wat saamgeswem het. Vyftig se hy, maar ek en Nelmari is net bekommerd dis dieselfde paar wat elke keer kop uit die water gesteek het --- dit lyk darem na 'n hele klomp :-).
So was daar ook baie mense en "ander" wat gewag het vir die jaarlikse groot gebeurtenis. Die wat nie van die kus wou kyk nie, het reggestaan om met die boot uit te gaan tot by die groot diere.

Omdat hulle baie stadig beweeg en meeste van die tyd bo die water gesien kan word, is hulle maklik van die kus af ook sigbaar. Hulle bly vir tussen 4 - 6 maande voordat hulle terug na die koue antartiek waters gaan. Volgens kenners is die beste walviskyktyd gedurende die maande van Augustus, September en Oktober alhoewel 'n paar reeds in Julie aankom. Ek sal moet gaan kyk, maar nie met hierdie bootjie nie ...

(Kom jy saam Ronel met 'n le?)

Friday, October 26

Reunie venue

Dit was met 'n groot verligting dat ek uiteindelik die venue vir die reunie kon vasmaak en bespreek. Nou kan ek begin met die fyner details en reelings. Ek weet ook dat daar baie opsies was van die gewone bring & braai tot elkeen bring 'n dis, maar ek wou hê dat die reunie iets spesiaals moet wees. Nie dat elke reunie nie is nie, maar 'n groot een waar mens almal probeer teenwoordig kry, is iets spesiaals. Familie is spesiaal en soos Pieter in sy mail geskryf het, mens besef nie altyd hoe belangrik dit is om kontak met mekaar te hou nie. Dis ons "roots" en of mens nou wil of nie, Vader het elkeen van ons in 'n spesiale familie gesit met 'n doel. Of mens van mekaar hou of nie - dit gaan niks verander nie, ons is aan mekaar verbind :-). Dis ook belangrik vir ons kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en en en om mekaar te ken en kontak te hou. Daarom ouens gaan ons 19 Januarie 2008 behoorlik reunie hou. Die plek wat ons kon kry is Mooikelder Manor House in die Paarl. Hierdie Kaap Hollandse huis wat in 1835 gebou is, was eens 'n huis van Cecil John Rhodes. Dis op 'n werkende plaas gelee en so 2km van die Boland Kelders af. Ek sal later vir almal 'n kaart/aanwysings laat kry.
Daar is pragtige tuine en uitsig. Hierdie is ook 'n gewilde plek vir troues en onthale .... maar niks daarvan nie ok...... ons hou eers reunie.
'n Swembad wat ek vermoed deur van die jongmense gebruik gaan word. Die swembad is langs die stoep en kuierplek.
'n Lekker kuierplek in die tuin vir gesels en foto's!! Ja ons sal sorg dat daar 'n fotograaf is.

Die stoep waar mens kan sit en kuier en eet. Indien slegte weer, kan dit ook toegemaak word.

Hier is ook fasiliteite vir die "koor" wat gaan optree ... (hoop die 4 oefen) en vir die foto's en staaltjies wat gedeel gaan word.
'n Sitkamer vir nog kuierplek sou mens daar wou sit en kuier.

Mooikelder is ook 'n gastehuis met verskeie baie mooi kamers sou iemand van ver kom en belangstel om daar oor te slaap.


Alhoewel die bedrag vir die reunie alles insluit, word die kos deur 'n ander plek reg langs Mooikloof gedoen en die breekgoed by 'n anderplek. Met 47.16c vir sekere items is dit 'n storie vir 'n ander dag. 'n Feit bly egter dat ek gedurig aan die reel en beplan is met die goed om alles te laat vlot verloop en slegs as julle ouens lekker saamwerk en reageer op versoeke, kan ons hierdie dag die sukses maak wat ons wil hê dit moet wees.


Sien uit daarna om julle almal te sien!

Saturday, October 20

William in 'n stil Bloem

Foto's en stories van hoe William die stil tyd in Bloemfontein nou beleef. Al die studente behoort nou te swot vir die eindeksamen so die man moet hom nou besig hou met baie niks. Sy berig is ook maar met net die nodige woorde. Amper tyd om bietjie huis toe te kom seuns.

Not alot of news, here in Bloem things have been going a bit slow, after getting back from camp. So I just collected some small bits and bobs thats happening around (nothing big)


We had some nice cold weather with alot of rain and even a bit of hail, flying about (been like 8 years since I saw hail).

Walking on campus one day towards our friendly 7 /11 I spotted a strange looking thing at one of the hostels, peeking over the top of the trees. Can you guess??


It’s a huge inflatable slide about 2 and a half story tall. What a strange site on univ campus.
In my boredom I also decided to cut my hair, and of course I went to the cheapest barber I could find. None other than James and it cost me a whole lot of nothing, which suited me very well. And the professional that he is, he did an ok job...
What do you think??
James also played a very casual game of badminton, so I went along to see if I could get another storie. After a very intense match, James did walk away the winner.There was also a team building thing on campus; I guess it was mostly a first year thing, but the hostels where divide in teams and they had to create different art pieces. A dance, sculpture, costume and a song.
There was also a new member to the Family.....Leane got a puppy from one of her house mate for her birthday , but more of that later.

Thursday, September 6

Nr. 250 - Fernkloof staproete

Met Eddie se besoek aan SA vir inskrywings, tuindienste en ander dinge het hy ook oa 'n tydjie gehad om by die Fernkloof roete te gaan stap. Hierdie natuurreservaat is 1800vk groot en in die Kleinrivier berge bokant Hermanus gelee. Hierdie reservaat is in 1957 begin.

In 1977 is oa 'n besoekerssentrum opgerig waar 'n uitstalling is van die blomme wat mens op die roete kan raakloop. Hier is Tannie Nell en Oom Jan Smith (van Onrus) besig om die inligting deur te gaan.

Die reservaat lê aan die noordelike kant van die dorp en het 'n staproete netwerk van omtrent 60 km. Hierdie roetes is vir mense van alle fiksheidsvlakke en gee almal 'n geleentheid om oefening te kry, die vars lug in te asem en die pragtige natuur te sien.

Daar is geen ander plek op aarde waar so baie verskillende plant spesies op so 'n klein oppervlakte gesien kan word nie. In Fernkloof is al 1600 spesies versamel en geidentifiseer - meer as in die hele Brittanje. Hier wys tannie Nell vir Oom Jan iets uit.

Die Fynbos is aangepas by die winterreenval klimaat en kan ook sterk winde (soos dit net langs die Kaapse seekus kan waai) te trotseer. Kyk hoe pragtig fyn en volmaak is hierdie blommetjies.Die drie vat 'n ruskansie om vir die kamera te "pose"

Alhoewel daar nie so baie voels is nie, is daar tot 130 spesies geidentifiseer wat oa insluit die Suikerbekkie, Kanaries en ander wat ek nie die korrekte Afrikaanse name van weet nie soos die Sunbird, Rock Thrush, Cape Batis, Rock Jumpers, Jackal Buzzard en Black Eagle.

Die beperkte woud area rondom die waterstroom is 'n gewilde plek vir saad- en inseketende spesies soos Rameron Pigeon, Flycaatchers en White-eyes. (Ek sal moet gaan naslaan hoe die voels lyk)

Van die staproetes gee mens 'n wonderlike uitsig oor Walkerbaai, Hemel en Aarde vallei en Maanskynbaai.
Fernkloof Natuurreservaat is uniek omdat dit aan die seekus van Hermanus grens, al langs die Kleinrivier bergreeks met 'n groot deel van die Cliff Path area, die Mosselrivier vallei en die area vanaf De Mond na Kettle Point wat die Vogelgat Rivier en deel van die Klein Rivier lagoon insluit. Dit beskerm kusplante, fynbos en 'n klein gedeelte woud.

Ons moenie vergeet van die diere wat daar gekry word nie. Die kanse is goed om bobbejane, klipspringers en dassies te sien en in die aand ystervarkies, hase, muise waarvan die "Cape Spiny Mouse" wat in die Rooi Datalys gelys word. Reptiele word verteenwoordig deur skilpaaie, nege slangspesies (maat lyk na jou tipe staproete) en koggelmanders. Paddas wat die skaars Cape Ghost Frog insluit word ook daar gekry. Die drie wat julle egter op die foto sien is Oom Jan, Tannie Nell en Eddie.

Dis 'n pragtige dagroete solank as die weer saamspeel. En nee Charmaine, mens kan nie 'n donkie saam vat om jou bagasie en water te dra nie. En ek is nie seker of mense met kniee dit sal kan loop nie.

Dankie vir die foto's Eddie. Ek wys later vir julle nog wat hy van die see by Onrus geneem het.







Wednesday, August 22

Verslaggie - die eerste twee dae terug

Die manne is veilig in SA. Nadat hulle die eerste twee goeters van die lysie in Pretoria afgehandel het, is hulle Bloemfontein toe. Vir julle wat belangstel .... 'n brief om te sê die UAE lisensie is geldig in SA, kos R400!! Jip nie die lisensie nie, net die brief. Hier is William se terug rapporteer oor die eerste paar dae terug in SA.





Na aankoms op Johannesburg het dinge vinnig gebeur, Pa het gou, gou die kar gekry en ons was oppad.



Kon darem nog die 94.1 op die radio onthou. Die lughawe is al weer verander. Na die Ambassade en Onderwys Departement stoppe het ons die eerste eintlike belangrike stop gemaak, Spur!



Na nog 'n klompie draaie is ons na ons aand se slaapplek. Na 'n kuier saam met die Palms by die Osean Basket (skies ma) kon ons gaan uitrus vir die volgende dag se ry. Vroeg op die pad om my Lisensiebrief te gaan kry, maar net so veel verkeer as in Dubai.



Hoop die langpad Bloem toe is stiller.Verby Soweto wys die bord ons is op die regte pad, maar soos ons ry maak ek heeltydseker.






Uiteindelik lyk die Tolhekke asof ons naby die Vrystaat is.






Nog 'n halfuur se ry en James kan sy persente begin bekyk, en daar is so baie! (Dankie Ma!)





Na die afpak kon ons gaan shop vir genoeg kos dat ek en James kan oorleef, maar weet julle hoe sukkel 'n mens om nog 'n sponsmatras ook in 'n Polo inte pas! Toe die son sak kon ons weer my favourite plek gaan opsoek, Chillies vir eers verby, nou is dt Spur!





Dankie William. Ek wag om te hoor van julle naweek by oom Des en die dam!



















Friday, May 4

Wat is die Kaap sonder reen

Nog 'n beriggie deur my korrespondent wat veronderstel is om op 'n werktrip te wees.

Die Transvalers het altyd van die Kaap as 'n "babatjie" gepraat, synde altyd nat en vol winde te wees en hierdie besoek het ek haar dan ook so beleef, maar die winter is mos oppad en reen die tyd van die jaar is hemel! (Het jy gesien hoe warm dit hier is, geniet die reen) Nie dat die reen my groepie gepla het nie, want as 'n man onderdak "shop" pla die natigheid buite mos nie juis nie. (Ek dog julle het gaan werk?) Geen besoek aan die Kaap is afgehandel as jy nie 'n foto van jouself teen Seinheuwel het nie en dit het ons dan ook sommer heel eerste uit die pad gekry.
Met die dat die manne maar traag opstaan in die oggend het ek dus Vrydag vroegdag teen die bergie kon uitry vir koffie. Van Hunk was egter ernstig besig om met die duiwel te kompeteer met die pyp en die berg was heeldag weggesteek.
Selfs teen laatmiddag onder uit die Waterfront was die uitsig maar skraps, maar hoe kan 'n man dan nou daar wees sonder om 'n foto of twee te neem om dit te onthou nie.
Lanklaas dat ek so "hand om die blaas" met Archie Tutu gestaan het.
(Dit lyk regtig asof dit met die werk en besigheid goed gaan)

Thursday, May 3

Suid-Afrika se beste gastehuis

Nog 'n berig deur ons korrespondent tans in Suid-Afrika - met die nodige kommentaar natuurlik.

Suid-Afrika se beste Gastehuis!!!!!

Dis seker wat baie mense probeer op roem, maar ek dink ek het die plek gevind wat wel tereg daarop mag aanspraak maak. Om drie baie punteneurige Emiratise en 'n welberese Suid-Afrikaan gelukkig te kry is geen maklike taak nie, maar net een besoek van vier nagte aan die Innjoy Gastehuis in Eldorainge het ons al vier oortuig. Nie net is die Gastehuis op wêreldstandaard mbt die afwerking en versorging van die fasiliteite nie, maar die diens en versterking van die "innerlike mens" laat 'n ou voel asof jy in enige van die Emirate se 7ster hotelle sit. Om nie eers te praat van my onlangse besoek aan Egipte ie. Ek is oortuig daarvan dat enige van die gaste wat saam met my in die Novotel aldaar in Cairo tuis gegaan het (teen 'n minimum van $150 per nag) sal glo hulle het in die hemel wakker geword as hulle by die Innjoy uit die bed klim.

Walda Badenhorst en haar span weet beslis waaroor diens gaan en die prys het my eers laat bollemakiesie (Genade, dit sou ek wou sien). Vir net R390 per nag, bed en ontbyt kry jy al die lekker van opregte outydse SA plaas-gasvryheid, omring deur 5ster weelde. Selfs toe ons teen R2200 per nag in die Kaap moes slaapplek kry, het die manne bly terugverlang Pretoria toe - en dit wil gedoen word. Vir enige Suid-Afrikaner oppad land toe vir 'n nag of meer, probeer die ouens en sien self wat ek bedoel!. Al die inligting soos web en tel nr. op die foto.

(Miskien moet ons die huis op Onrus ook so "adverteer")

Wednesday, May 2

Abu Dhabi besoek Suid-Afrika

Soos berig deur my korrespondent tans in Suid-Afrika met die nodige veranderinge deur my.

Vir enige persoon is 'n besoek aan Suid-Afrika gewoonlik 'n belewenis, so 'n groep Emirate met 'n privaat toergids kan enigiets oplewer. Hulle avontuur begin die Sondagoggend met 'n besoek aan die Hartebeespoortdam. By die Afrika mark word daar ernstig met die oe gekoop totdat 'n Zoeloe musiekgroep verbystap ... Die versoeking is te groot en word daar toe eers saam dromgespeel. Dit is iets wat die Emeratis en Zoeloes in gemeen het, tromspeel en ritme in hulle hande. (Selfs tydens groot sportwedstryde by die skool, word die trom gespeel en dit sorg vir 'n lekker ritme en atmosfeer)


Na 'n draai deur die Magaliesberg is die volgende stopplek die Krugersdorpse Leeupark. Dit moet nou nie verwar word met die Krugersdorpse Wildtuin waar die eienaar 'n week terug deur sy eie trop leeus verskeer is nie. Die besoekers is maar versigtig en terwyl deur die park gery word bly die vensters net 'n klein skrefie oop want vir leeukos sien hulle nie kans nie. Groot opwinding toe ons met voertyd in die leeukampe is en daar word foto's geneem al is hulle baie versigtig.



Die besoek aan die welpiekamp verloop goed en die manne kom darem naby die kleintjies. (Hulle lyk darem anders sonder hulle rokke)


Die aand se eet langs die Centurion Meer het ook sy eie uitdaging. Ek moes twee of drie maal die kelners oppad na die tafel onderskep om seker te maak dat die bv. die spek uit die slaai verwyder word of om seker te maak dat dit wat bestel is nie deur 'n oneetbare ding (binne die Moslem geloof) besoedel word nie. Harde werk om toergids te speel.