Saturday, October 6

Fliek en Ramadan

Soos ek in 'n paar blogs alreeds vertel het, speel Ramadan 'n groot rol in wat op die oomblik hier in Abu Dhabi gebeur .... niks!!!! Ons meisies gaan woonlik op Saterdae fliek en die laaste paar twee weke is daar net mooi niks wat speel wat ons nie alreeds gesien het of beslis nie wil sien nie. Maar ons gaan ons nie laat onderkry nie, want ons vervang dit sommer met 'n DVD by Charmaine se huis. Hierdie week kyk ons na Miss. Potter
Weet nie wie van julle dit al gesien het nie, maar dis regtig 'n baie oulike storie. Iets waarvoor jy nie ongemaklik voel as jy jou dogter saam met jou by die fliek het nie.
Dis die lewensverhaal van Beatrix Potter wat al die Beatrix Potter (natuurlik) boeke geskryf het.

Hier is 'n prentjie wat sy geverf het toe sy slegs 8 jaar oud was. Weet nie hoeveel van julle al haar boekie gesien of gelees het nie, maar soos in die boeke is die natuurtonele in die fliek verskriklik mooi. Meeste mense ken Beatrix Potter net as 'n gewilde tema vir 'n babakamer, so gaan kyk gerus die fliek.


Die fliek self het niks met Ramadan te doen nie, maar die eet en drinkgoed tydens die fliek wel. Ons gaan gewoonlik vir Nachos met kaassous, maar met Ramadan mag mens natuurlik nie ... so 'n boer maak 'n plan. (Mag mens nog die woord boer gebruik wonder ek?)


Ons eie Nachos, kaassous en salsa!!!! Lekker. Vorige jare het ons planne gemaak wat nie so goed gewerk het nie. Eers het ons Nachos gekoop en saamgeneem in ons handsakke, maar jinne kan die pakkies 'n geraas maak en mens moet dit mos skelm doen en met die geraas kan almal vir jou kyk. Toe verlede jaar besluit ons, ons is baie slim. Eindelik moes ons dit geweet het.
VOOR die fliek sit ons die nachos in jiffy sakkies dat dit nie kan raas nie en ons neem ook lekker gegeurde vonkel water saam. Baie trots op onsself word dit uitgehaal in die fliek en niemand kan sien of hoor nie - dis nou as mens mooi toemond kou. Dan .... waterdrink en ek het my heeltemal misgis met die vonkelwater... met al die geskud in die handsak spuit die water uit toe ek dit oopmaak. Gelukkig niemand voor my nie maar ons kan skaars saggies giggel. Charmaine gee my 'n kyk asof ek iets verkeerd gedoen het en vir veiligheid maak sy haar water nie oop nie. Maar ek kry 'n kans vir 'n terugkyk ... oppad huis toe maak sy haar water in die motor oop .... en venster en alles word vol gespuit..... Wys jou net, skelm wees werk nie. Ramadan maak nie net dat baie van die moslems skelm moet eet en drink nie, dit maak tot ons skelm... Vandag gaan ons fliek sonder enige skelm planne .....dit kan dalkies boring wees.

No comments: