Maandagmiddag/aand was dit weer tyd vir die ADSAC toernooi vir skole in Abu Dhabi. Ons skool AISA het nie die beste van seisoene tot dusver gehad nie en soos die Engelse rugbyspan kan ek ook aan klompe verskonings dink. Kort seisoen, Ramadan, nuwe span omdat ou spelers opgeskuif het Varsity toe, swak taktiek deur die afrigters ens. ens. maar soos ons nou met die rugbybeker sê, dit tel alles niks, dis die einde wat saak maak.
Hier warm twee van die skole op voor die begin van die toernooi.
Ons span ook besig om op te warm. (William herken jy die ou met die wit hemp hier reg voor?)Dan is dit tyd vir die eerste wedstryd, ons teen ACS, ons aartsvyande. Die telling werk anders as gewoonlik en ipv tot 25 speel, speel hulle tot 15. ACS wen die wedstryd
Die twee "stouters" van die span, Nelmari en Minri deel 'n grappie na die wedstryd, glad nie bekommerd oor hulle verloor nie.
Ons speel nog drie wedstryde waarvan ons twee wen.Nabetragting na die toernooi want hoewel die UAE seisoen nou verby is, gaan 8 van hulle volgende week nog 'n toernooi in Syria speel
Die span - wat 3de in die toernooi eindig!!!
GO LIONS volgende seisoen probeer ons weer.
No comments:
Post a Comment