Wednesday, October 10

Wêreldbeker rugby

Almal weet dis wêreldbeker tyd. Ons hier in die Midde Ooste kyk ernstig rugby en die rugbykoors is hoog. As mens in die dorp loop is daar orals manne met rugby truie en die meeste is natuurlik die groen met die bokkie op. Ons kan die rugby op DSTV kyk wat lekker is want van die ander kommentators kan mens redelik hoe bloeddruk gee met hulle partydigheid. So af en toe dan gaan kyk mens rugby saam met ander manne of vroue.

Die eerste wedstryd wat ons teen Samoa gespeel het, het Eddie saam met 'n paar Engelse en Iere gaan rugby kyk

Hierdie manne lyk nie eers geintereseerd in die wedstryd nie, hulle lyk morbied.
As ek nie die bier op die foto gesien het nie, het ek gedink hulle drink dalkies tee terwyl hulle kyk, jinne hulle span doen seker nie goed nie.

Van die vroue het ook voor die vrouegroep rugby gekyk, SA teen Fiji en hier lyk dit heeltemal anders. Is dit oor dit vroue is of is dit oor dit Suid-Afrikaners is?
video
Marina het baie te verduidelik en sy is gespanne met die wedstryd

video

Kyk hoe werk sy daardie klei van Emily.

video

Hier het sy bietjie raad vir die spelers

Annerkant van die dorp kyk Eddie rugby saam met die Hendrikses. Hy kon sy hart kry vir die sing van die Volkslied, maar bietjie verkeerde arm.

Ek weet nie of Eddie en Annemi die wedstryd bespreek nie, maar dit lyk baie ernstig.

En dan word die meeste wedstryd met 'n braaitjie afgesluit.

Nou vir die Pumas Sondag!

No comments: