Sunday, October 7

'n Klein karaktertjie

Die afgelope naweek het ons weer 'n kansie gehad om na klein Emily te kyk (jaaaaa, Annie). Hierdie klein meisiekind word by die dag groter en is 'n regte klein karakter met al haar gesigsuitdrukkings. Sy praat nog nie baie nie, al kom daar al woordjies, maar met haar lyfie en gesiggie sê sy baie. Hier is van die foto'tjies spesiaal vir haar mamma en pappa en ouma en oupa in Oudtshoorn.

Hmmmm, wat gaan ek volgende doen


Nelmari wil haar doodlag vir Emily wat so smeek vir 'n chippie. In die ander foto raak sy opgewonde oor die varkie in Charlotte's web.


Oooohhh kyk net daar wys sy. Dan is sy baie versigtig om die klei te voel en weet nie wat om daarvan te dink nie.

Miskien moet ek dit ruik en dan daai gesiggie wat sê ek hou van die gevoel van die klei.

Sommer verspot met die waterdrink en sy stoot al oulik haar baba rond.

1 comment:

Anonymous said...

Ja sy is 'n dierbare opvreetbre klein ding en ons geniet dit om haar "leen oumas" te wees.