Showing posts with label univ. Show all posts
Showing posts with label univ. Show all posts

Saturday, October 20

William in 'n stil Bloem

Foto's en stories van hoe William die stil tyd in Bloemfontein nou beleef. Al die studente behoort nou te swot vir die eindeksamen so die man moet hom nou besig hou met baie niks. Sy berig is ook maar met net die nodige woorde. Amper tyd om bietjie huis toe te kom seuns.

Not alot of news, here in Bloem things have been going a bit slow, after getting back from camp. So I just collected some small bits and bobs thats happening around (nothing big)


We had some nice cold weather with alot of rain and even a bit of hail, flying about (been like 8 years since I saw hail).

Walking on campus one day towards our friendly 7 /11 I spotted a strange looking thing at one of the hostels, peeking over the top of the trees. Can you guess??


It’s a huge inflatable slide about 2 and a half story tall. What a strange site on univ campus.
In my boredom I also decided to cut my hair, and of course I went to the cheapest barber I could find. None other than James and it cost me a whole lot of nothing, which suited me very well. And the professional that he is, he did an ok job...
What do you think??
James also played a very casual game of badminton, so I went along to see if I could get another storie. After a very intense match, James did walk away the winner.There was also a team building thing on campus; I guess it was mostly a first year thing, but the hostels where divide in teams and they had to create different art pieces. A dance, sculpture, costume and a song.
There was also a new member to the Family.....Leane got a puppy from one of her house mate for her birthday , but more of that later.

Sunday, August 26

Verslaggie uit Bloem - Dam, Betogings en ander dinge

Vandag wil ek eers weer bietjie wegbreek van die Abu Dhabi stories en 'n beriggie opsit wat William vanuit Bloemfontein gestuur het. Dis vir my baie lekker dat hulle laat weet hoe dit daar gaan en dan kan almal sommer deel in die nuwe en ou ondervindings van James en William.
We went to the dam and ate and ate and drank and ate. Lots of food, but it was great! Was good catching up again and it is probably the last time we will be there because he is moving. Skating was fun a bit cold though
On the way to the dam James tests his phones camera

Laughing at one of the many stories told

I had to skate, you know how i am
Such good friends
Look brotherly love
We went to go give in all my forms to the house and the uni things and it went surprisingly well. Im not use to things getting done that fast in the UAE. When we came out, there where the protesters, protesting there right. Was my first.


Played my first uni vball game and it was great. No pics where taken because both the Holloway brothers where playing ...what a game. Walked away with my first uni game won.
Dankie vir die stories en foto's seun!! Nou moet ons nog net werk aan die Afrikaans. Geniet mekaar, lief vir julle.



Thursday, August 16

Groot opgewondenheid ...

Groot opgewondenheid in die huis van die Holloway's, veral van een spesifieke Holloway ... William. Hy's vandag oppad Suid-Afrika toe en meer spesifiek hy gaan by ouboet James kuier vir 'n paar maande. In die tyd gaan hy sommer sy registrasie by die universiteit, sportklubs en ander plekke doen. Dis 'n groot trek, want dis koud in Bloemfontein en hier dra ons nou nie juis warm klere nie, dus moet ons aanpas om te kyk wat het op die laaste Kanada trip nog gepas en al die warm klere saamneem (gelukkig bly dit dan agter vir volgende jaar). Was dit nie Nelmari s'n nie vra die man?
en saam met al die skoene (elke sportsoort se skoene en natuurlik nog die weird skoene ook) is die 20kg van die lugredery laaaaaankal nie genoeg nie. Gelukkig vlieg Eddie ook saam vir twee weke, en kan pa se tas darem volgelaai word - lekker met die terugkom sal daai plek met "die lysie" gevul word. O ja en dan het James se ook 'n lysie gehad. Een met "wat ek nodig het" en 'n "maybe" lysie. Ons stuur alles saam seun!
Maar William se probleem is nie net klere, geskenke en spasie nie. Ma het 'n lysie gemaak van wat dadelik voor die sport en plesier afgehandel moet word. Stap vir stap. Dis afskrifte van alles wat mens dalk mag en nie mag nodig kry nie. Daardie deel is eintlik 'n storie op sy eie veral die "hulpvaardigheid" van ons ambassade hier. Alles en ek bedoel alles moet gestempel word deur 'n plaaslike owerheid voordat die ambassade daaraan vat. So word mens van bakboort na stuurboord gestuur om dokumente "geldig" te kry. Dis bestuurslisensies, rapporte, sertifikate, id's, paspoort, visa's, ens. ens. Ek's seker julle weet presies waarvan ek praat as ek sê die departmente by die huis praat nie met mekaar nie, en saamwerk bestaan glad nie - hoe moet mens dinge gedoen kry?


In elk geval hierdie storie raak nou lank en ek wou eintlik net vertel het van die twee boeties wat mekaar na 8 maande weer gaan sien en vol planne is vir hulle kuier.


Oor die kuier wil ek die volgende dmv ou foto's vir julle, veral jou James sê (verskoon die kwaliteit maar die scanner het 'n streep weg).

Moenie dat Will op die grond slaap nie, deel mooi die slaapplek!!
Sorg ook dat hy ietsie te eet kry en deel jou kos met hom.
Help hom waar nodig!!

Laat die regte ou die motor bestuur!!
Neem hom saam op uitstappies

Moenie alleen gevaarlike plekke besoek nie


Laat hom ook aan die sport deelneem



En laaste maar nie die minste nie, moenie dat Will op jou kop sit nie!!


Geniet julle kuiertjie seuns en stuur vir ons foto's en stories, dat ons kan sien wat julle doen. Lief vir julle!!