

Nog een wat moet kom, maar die meisies is gereed om te vertrek. Hulle gaan teen spanne van oa. Kuwait, Egipte, Syria en Doha deelneem.

Die stoep waar mens kan sit en kuier en eet. Indien slegte weer, kan dit ook toegemaak word.
Mooikelder is ook 'n gastehuis met verskeie baie mooi kamers sou iemand van ver kom en belangstel om daar oor te slaap.
Alhoewel die bedrag vir die reunie alles insluit, word die kos deur 'n ander plek reg langs Mooikloof gedoen en die breekgoed by 'n anderplek. Met 47.16c vir sekere items is dit 'n storie vir 'n ander dag. 'n Feit bly egter dat ek gedurig aan die reel en beplan is met die goed om alles te laat vlot verloop en slegs as julle ouens lekker saamwerk en reageer op versoeke, kan ons hierdie dag die sukses maak wat ons wil hê dit moet wees.
Sien uit daarna om julle almal te sien!
Ons sny dit oop, maar die binnekant lyk net soos die buitekant en ons is niks wyser nie. Iemand sê dis nes rice crispies net geel. Vir my lyk die oranje na wortelstukkies en die groen na komkommer, maar die geel kan nie geidentifiseer word nie. Iemand moet dit proe, en die brawe een wat hou daarvan om nuwe goed te proe en weet van clowning en juggle besluit om die geel balletjies te proe.Vertel hierdie gesig nie alles nie ....dis heerlik!!!! (Sien maat ek weet ek gaan in die moeilikheid wees oor die foto, maar dis klein!)
Die ander koekies lyk beter en volgens Nelmari proe dit ook lekker. So sal dit seker wees as dit na 'n soet kondensmelk proe. Ons goeie daad was toe nie so wonderlik nie, want hulle het liewers van die melktert geeet en ons met die koekies agtergelos.
Die span - wat 3de in die toernooi eindig!!!
GO LIONS volgende seisoen probeer ons weer.