Verlede naweek het klein Emily weer 'n bietjie by ons gekuier. Nelmari was nie net 'n bietjie jaloers omdat sy uitgemis het nie, sy was mos in Syria, sy was baie jaloers. Maar dit het die geleentheid vir die twee "Abu Dhabi oumas" gegee om haar net vir onsself te hê. Hier is 'n paar foto's vir die regte ouma Rienie en oupa Nellis in Suid-Afrika.

Ons het vir haar klein en drukkertjies gegee om mee te speel en hier bekyk sy eers alles
 
 Dan word die drukkertjies uitprobeer en sy is baie ernstig terwyl sy konsentreer
 Dis baie beter om sommer op mens se maag te lê en speel
Dis baie beter om sommer op mens se maag te lê en speel 
 Die tannie is darem lastig met die kamera Tannie Charmaine help met die klein stukkies klei
Tannie Charmaine help met die klein stukkies klei
Peuseltyd voordat ons met die Bybel prentjies begin speel.


Sy is heel trots op haarself dat sy die woord "fissie" kan sê en die varkgeluid kan maak
 Terug klei toe en dis so lekker sy sit sommer in die skinkbord en speel
Terug klei toe en dis so lekker sy sit sommer in die skinkbord en speel Ons luister ook Bybel kinderliedjies en werk aan die bewegings ....
Ons luister ook Bybel kinderliedjies en werk aan die bewegings ....
Soos altyd was dit lekker om Emily by ons te hê en ons sien al weer uit na die volgende keer
 
 
No comments:
Post a Comment