Tuesday, November 20

Abu Dhabi Oggende

Dis die tyd van die jaar wat die weer baie lekker is en orals is tekens ...die winter is oppad. Nie winters soos ons dit by die huis ken nie, maar winters waar mens ten minste langs die Cornish kan stap en 'n piekniek hou en waar ons kan asemhaal in die hitte. My blok se temp metertjie vanoggend om 9 uur sĂȘ 19 grade met mis. En dis hoe dit vanoggend gelyk het toe ons buitekom oppad skool toe. Die sig is maar swak en as mens jou a/c aansit, dan kan dit soos 'n regte winteroggend by die huis voel en dan kan mens ampertjies koud kry.
Die blok waar die skool is en mens kan skaars enigiets anders behalwe die motors reg by jou sien. Dankie vir die neem van die foto's terwyl ons ry Nelmari.
Later in die dag kan mens nog steeds die mis in die dorp sien (gelukkig is dit mis en nie rook nie) en die water is onstuimig vir Abu Dhabi standaarde
Maar kyk net die pragtige kleur! Ons weet darem ook nou al dat mens nou nie heeltemal opgewonde moet raak oor die mis nie want dit beteken nie koue nie, net humiditeit!
Annie en Corli, die weer gaan lekker wees wanneer julle hier is. Def nie so koud soos daar by julle in NZ nie en nie so warm soos gewoonlik hier in die UAE nie.

1 comment:

Anonymous said...

Nog 18 slapies 19 voor ons by julle is.