Dis alweer tyd om julle bietjie te wys hoe groot klein Emily geword het. Die laaste twee weke het ek die geleentheid gehad om met drie klein Suid-Afrikaanse dogtertjies hier te kan werk/speel. Waar ons gewoonlik vir Emily baie gereeld gesien het is die kuier tydjies minder maar gelukkig is daar nou ook klein Emma en Mia wat ons een keer 'n week by die kindergroep mee kan speel. 
Met Emily se kuier het ons haar na die speelplek in Marina Mall geneem. Hulle het net mooi alles wat klein dogtertjies en seuntjies besig kan hou terwyl hulle klompe vaardighede aanleer. Sy het moeilik gekies waarmee sy wil speel. Hier's 'n paar foto'tjies.
 Hier is soveel goed om mee te speel dis amper oorweldigend.
 Hier is soveel goed om mee te speel dis amper oorweldigend. Ek moet seker dit in die waentjie sit of hoe Nelmari?
 Ek moet seker dit in die waentjie sit of hoe Nelmari? Kyk ek laai 'n hele boks soetgoed in
 Kyk ek laai 'n hele boks soetgoed in Darem nog 'n groente bysit net so om die soetgoed weg te steek
 Darem nog 'n groente bysit net so om die soetgoed weg te steek So ja nou kan ek gaan betaal
 So ja nou kan ek gaan betaal Ons kry ook kans om blokkies te bou
 Ons kry ook kans om blokkies te bou Emily en Nelmari sit en speel tussen die balle
 Emily en Nelmari sit en speel tussen die balle Hier oefen sy om die bal deur die gat te gooi .... en sy mik baie mooi
 Hier oefen sy om die bal deur die gat te gooi .... en sy mik baie mooi Dan is dit tyd vir die glyplank en sy kom so vinnig af ek kan nie mik nie
 Dan is dit tyd vir die glyplank en sy kom so vinnig af ek kan nie mik nie Die huis mag deurmekaar lyk, maar sy oefen haar strykwerk
 Die huis mag deurmekaar lyk, maar sy oefen haar strykwerk Dan 'n bietjie speserye by die kos ....is dit Mexikaanse of SAfrikaanse invloed?
 Dan 'n bietjie speserye by die kos ....is dit Mexikaanse of SAfrikaanse invloed? Terug by die huis en skoon uitgeput
Terug by die huis en skoon uitgeput 
 
1 comment:
Dis kosbare kleingoed hierdie en ons sien uit om Emily ook in die kindergroep te hĂȘ....
Post a Comment