Sunday, November 18

Vliegtuigies


Met die aanbreek van winter in hierdie land word die buite-aktiwiteite meer en byna elke naweek is daar iets internasionaals wat gehou word. Winterweer beteken nou nie reen soos ons dit by die huis ken nie, dis net die temperatuur wat van tyd tot tyd onder 30 is en die humiditeit wat ons ook 'n effense blaaskansie gee. Die afgelope naweek was dit die groot lugskou in Dubai en 'n rugbytoernooi vir juniors in Abu Dhabi. Hier is 'n paar foto's oor die lugskou.

Die Red Arrows besig met hulle vertoning

Dis nie net mans wat kom kyk het na die vliegtuie nieDit lyk close ne. Hierdie is ook die Red Arrows. Die afgelope week se lugskou was die tiende wat elke twee jaar aangebied word.
Meer as 900 deelnemers van 47 lande was deel van die uitstalling by die lugskou wat dit die derde grootste lugskou ter wêreld maak.
Die Patrulla Aguila's besig met hulle vertoning (dis die boekie wat my die name gee, ek's ongelukkig nie so slim nie)
Die mense verkyk hulle aan die toertjies wat die manne kan uitvoer
'n Vertoning spesiaal vir die toeskouers en kameras

No comments: