Friday, November 16

Gekloonde kamele?

Ek lees al heel week in die Beeld en News24 van mense en diere wat binnekort "gekloon" gaan word. In die plaaslike koerant kom ek toe op hierdie beriggie af oor dieselfde onderwerp. Die kameel is 'n baie belangrike dier van die UAE en deel van jou rykdom word ook bepaal deur die hoeveelheid en kwaliteit kamele wat jy besit, want hier word mos oa ook groot kameelresies gehou. Dit behoort vir almal dus duidelik te wees dat ons hier in die UAE glad nie ryk is nie, want ons het net 'n kat en hond. Maar lees ek plaaslik dat helfde van die wenners van kameelresies geteel word deur embrio inplantings. En bo-op dit is 'n labratorium in Abu Dhabi besig om te probeer kamele kloon nie net vir wedrenne nie maar ook om skaars spesies van uitwissing te beskerm. (En ek het nog altyd gedink 'n kameel is 'n kameel). Hierdie labratorium het dan ook die wêreld se eerste buis-kameel geteel en nou is kameel-kloning die volgende stap.Hierdie "dolly" kameel is in 2006 geteel. Die UAE is ook die enigste land wat klein kameeltjies (wat sal mens hulle noem?) in buise teel en die kloon navorsing vir kamele doen.
Die navorsing word in sentrums in AbuDhabi, Dubai en Al Ain gedoen. Ek's nie heeltemal op hoogte presies wat gedoen word met 'n "kloon" dier nie alhoewel mens nou heeldag daarvan moet lees in die koerante, maar ek lees dat dit is om slegs een dier se gene te vat ipv twee diere s'n.
En so word 'n identiese baba-kameeltjie dan "gemaak" en gebore. Dan is dit nie die geval van hy lyk soos sy ma maar hy hardloop soos sy pa nie, maar slegs een kan die skuld en/of krediet kry vir wat die babatjie doen.Nelmari wou tog so altyd 'n klein kameeltjie gehad het en het altyd die woestyn deursoek vir een toe sy klein was.Een langs die pad moes toe "aanneem" word en daarna was enige baba-kameel vir jare haar "Kammie".Ek lees ook dat hierdie sentrum in Abu Dhabi al vir die afgelope 17 jaar kamele so teel en dis nou eers vir my nuus. Hulle het al oor die 2200 kamele so geteel.
Wat dink julle het hierdie kamele daaroor te sê?

2 comments:

Anonymous said...

'n Hond en 'n kat en drie straatkatte!

Anonymous said...

baie geleer