Monday, November 19

Ons vroue kyk dvd

Ek's 'n groot "fan" van Francine Rivers se boeke .... om die waarheid te sê ek's so 'n groot een dat ek elke liewe een van haar boeke het (behalwe die heelnuutste wat so pas op die mark gekom het). So ek was baie opgewonde toe hulle 'n rolprent van een van haar boeke "Sin Eater" gemaak het. Van ons vroue het gisteraand die dvd daarvan gekyk.



Die rolprent is beslis aan te beveel, veral as jy alreeds die boek gelees het. Dit word uitgegee deur Fox Faith Movies wat 'n filiaal van Fox Movies is en is verseker makliker enige plek elders verkrygbaar as hier in die Midde Ooste.

Saam met die dvd kyk het ons ook gepizza. (Ons het mooi skoongemaak agterna maat). Hier konsentreer Corinna en Elize op die storie. Ek sal myself maar daarvan weerhou om die storie te verklap vir die ouens wat nog die boek wil lees en fliek wil kyk .... en ek hoop dis almal van julle. Vir ons in die groep het dit baie mooi aangepas by die studie waarmee ons tans besig is.
Wat sal agter daardie donkerbrille aangaan dink julle? Die drie lyk baie ernstig en die pizza in die bord lyk amper vergete. Wys jou net die fliek is so spanningsvol dat selfs Heleen doodstil sit ....... :-)

No comments: