![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgFZ8D1mRUxobInUSrR2Ybg67nRuEKkkNOpZMBPumw3sgzJW8rSriARh31tQhADX-hlUgiKTfhQkFZIFiTFW-I9fS-3HRJBK2pp3tVVX5MiG1aclBLc05PIeJXmg9HuwPbUaMV-vbnK-j8/s320/@+AIS+13+Nov+002.jpg)
Die juffrou praat ernstige met hulle om te kyk of die foute uitgestryk kan word. Nr. 25 (Nelmari) en Nr 15 (Minri) luister baie aandagtig.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgVedFEV9xkXuKjITL_f6CS34_bNxghPTwm3DtVW5-w48I7x2G3fz5WO5di6dXAz4F_V9qydkR_vHdD962-wWlaC4z52ji1rtdCxNkApdisFxEq2XdisSMLfhvyfrDoCWfJBgQWnlDaYAU/s320/@+AIS+13+Nov+008.jpg)
Soveel keer het ons in hulle doelgebied geboer sonder om 'n doel aan te teken. Met halftyd was die telling nog 0 - 0 maar net na halftyd staan ons 'n "straf doelskop" af en met niemand om te keer nie, was dit net teveel vir die doelwagter. Dis of die span se moed gebreek is en hulle staan nog een doel af. Aan die einde van die wedstryd is die telling 2 - 0 vir AIS alhoewel ek dink ons het 'n baie goeie wedstryd gehad. Die naweek speel hulle 'n mini-toernooi en dan is dit heeldag bloeddruk probleme. GO LIONS!!
Nog 'n sport item wat in die omgewing gebeur is die Pan-Arab Spele wat in Egipte gehou word. Omtrent 7000 atlete van 22 Arabiese lande in 30 sportspoorte gaan deelneem.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiB_RKK4tYVNGFyTJOf1KfJM6wywlrgKCKiwJcTUxwG-3VEZBm_y4eqB-qndNBB9r0V6l-3ZfZQnoBlFQrvhdMomCunutk7MH2iN_aS_fq2o-Hdw9LUz5aYJHM6HyJRbQsgyUpR1XuvffE/s320/11_sp_uae1_4.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiIon_fbMRu7htLqLMkS7-j5EzbeZ-24UJkt5EX6-qwt_pCYb2S9hQPPcDINBM9NLIUcCi4ZHkSsJ6HlEKhuurM23c1aZNKlBV_M9l3SRYe2kWhTubFeA8ZRBct8qNzN3oxmV0ikFll6qM/s320/13_sp_panarab_uae02_4.jpg)
Met die vorige Pan-Arab spele het die UAE omtrent 15 medaljes gewen en vanjaar wil hulle ten minste 50 wen. Hulle is nou nie sterk met atletiek nie, maar hulle het veral hulle hoop op die skiet-, seiljag en swemspanne. Ander sporte is oa sokker en basketbal.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiJ8MjE-Eg_hO32b5qEh57oILeRKjpTfcsb3k5y4oHK7im4giOXAIPutHsMZbUoLhUHLMpkaWYhLBKUDtWzyaOnccuhs-H8tzHkdR-6WhuO_CaZsGcK9nkmvJBUQ8REhwpRp8cdibXQZfU/s320/13_sp_panarab_uae01_4.jpg)
No comments:
Post a Comment