Wednesday, November 28

ADSAC en ek eet 'n paar blogs

Vir die hele sokker seisoen al probeer ek positief wees met die Junior Varsity sokkerspan van AISA, maar dis moeilik jong. Hulle sukkel, speel lusteloos en is meeste van die kere hulle eie ondergang. Min kere is dit 'n geval van die ander spanne is goed, dis meestal ons gee die game vir die ander. So met 'n swaar hart breek die ADSAC toernooi aan. Ek het nog kindergroep die aand, maar is nie teveel bekommerd nie, seker soos gewoonlik sal ons vroeg uitval en dan kan ek nog aangaan met my normale aandprogram. Maar die meisies besluit om my bietjie langer as normaal langs die sokkerveld te hou. Ons eerste wedstryd is teen Al Khubairi en in ons vorige wedstryde het ons een behoorlik verloor en een gelykop. Maar vanaand is die meisies die vinnig veld gewoond en hulle boer in die doelgebied. Nelmari teken die eerste doel aan en net voor halftyd skop hul die gelykmaker.
Kyk hoe vasberade lyk die twee Suid-Afrikaners (nr 15 & 25) hier, en ja 'n tweede doel vir ons word aangeteken!


Die einde van die wedstryd en die meisies is verlig en bly oor die oorwinning. Dit was hulle sterkste teenstanders in die poel, nou moet hulle net keer vir verloor in die res.
Dankie Al Khubaira vir 'n lekker wedstryd. (Is 'n wen wedstryd nie altyd lekker nie?)
Direk daarna sonder ruskans is dit teen Al Nahda vir wie ons ook nog nie die seisoen kon klomp nie. Die meisies lyk 'n bietjie moeg, maar ons verdedig goed. Soos die sportdirekteur sê, "with a defence wall of South African girls in this match, nobody can get thru"
Nelmari en haar teenstander soek mekaar op. Nr 3 van AISA, klein Maddie is seker die speler wat die meeste verbeter het die seisoen. Sy is giftig en die spanne moet net keer. Ongelukkig wen ons nie, maar dis 'n gelykop uitslag. Daarna speel ons AIS (Abu Dhabi International School) en glo dit as julle wil, ons wen 1 - 0!!!!
Die meisies vat dit rustig en wag om te sien wie teen hulle gaan speel in die finaal van die ander poel. Almal vermoed dit sal ACS wees, maar hulle lyk nie te bekommerd nie. Hier lê Nelmari en Minri "gewired for sound" en rus.Net die vorige dag het ons teen ACS gespeel en behoorlik ek dink 3 - 0 verloor. Hier probeer Nelmari die bal voor die doelwagter kry. Die finaal is 'n harde wedstryd en aan die einde van die wedstryd is die telling 0 - 0. Mooi so AISA.
Die meisies is opgevuur vir die ekstra tyd toe hulle GO LIONS skree.

Die ondersteuners is ook reg!

Ons eindig TWEEDE!!! Mooi so Lions ek sluk al my vorige blogs oor julle span!!
GO LIONS VIR ISAC

1 comment:

Anonymous said...

Mooi so!!! Ek hoop julle WEN die ISAC. Ek hou duimvas.