Julle het nie vir 'n oomblik gedink die week sal verbygaan sonder 'n enkele sportwedstryd nie ne? Die sokkerseisoen begin nou spoed optel vir die twee groot toernooie van die seisoen. Volgende week begin ADSAC en in Desember is dit tyd vir ISAC.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhIu7Rx98afDqz-AsmNCXgz3xBQ_0zTillAJ-Ez87CnLNROOiq5HOFvytWoEKYX_2Y7_f7hF65o4zyrWuDsWnuPHlaVTnGP0qbY_EQhA82AVJSl6ynGDV-w5vXB4hEOFV_al1aQ4khzaWU/s400/1.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEj8M79jHB4TR_NQYrXKJGSYaaqDScFafnpWMfbv8WYzwdLkCvQndYwuzYMDnb20_3EiB1GOCED_0SK_OOt15YgTsvPloNn8Lxrb5l97iAQj0hrq6raZs8CivwT_7V_luPFT8PV-F9pbFeA/s400/3.jpg)
Die meisies het baie meer aanvallende gespeel en hulle eerste oorwinning van die seisoen gehad. Hulle klomp Al Nahda 2 - 1!!!Altyd 'n lekker spanpraatjie as die span voorloop en goed speel. Baie geluk Lions dit was baie goed!!
En Donderdag was dit 'n wedstryd teen Al Khubaira. Hulle speel op Khubaira se veld wat 'n "mat" is en die meisies het al hulle dae om te keer dat die bal te vinnig rol. Maar hulle speel baie goed en boer in Khubaira se gebied. 'n Paar amper pogings maar omdat die bal vinniger as die spelers rol wen die doelwagter elke keer.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh49FjVumLEi4BCB769VsYc2dfNOPspCr4zB3X_Jgi6O8liPjz62Xdgp-tLM8YuuU5pQCDYdqAjHifkCZ9j3ZcMIsY30igZIy-fDLkD0xXT4NubxADbxhiPSvvfRMxL-g9w-J6NlpHfvsU/s400/2.jpg)
No comments:
Post a Comment