Thursday, November 15

Elektriek katte

Ek het al op 'n stadium vertel van straatkatte in Abu Dhabi en hoe swaar hulle kry om te oorleef. Daar is letterlik honderde wat nie huis het nie en baie van die plaaslike mense en kinders weet nie hoe om met katte te werk nie. Dis hartseer om te sien hoe hulle partykeer met stokke geslaan en geskop word (die katte natuurlik) en hoeveel katte met gebreekte sterte en pote rondloop. Dan praat ek nie eers van die hoeveelheid baba katjies wat doodgery word nie. Daar is 'n Feline Friends, maar ek dink nie hulle kan byhou met al die klein babatjies wat gebore word nie, veral hierdie tyd van die jaar.
Alhoewel ek nie straatkatte optel of streel nie (bang Begeera tel siekte op), kan mens darem nie anders as om vir hulle jammer te kry en water of kos uit te sit as daar enetjie in die "jaart" sit nie. Hierdie winter het ons 'n mamma wat besluit het om haar kleintjies in ons elektrisiteitsboks groot te maak. 'n Baie brawe mamme beslis, want hier is so 'n OU straatmannetjie wat kleintjies vir pret doodbyt. Die mamma het egter vir haarself seker gemaak dat die kleintjies baie veilig is met al die gemors in die kas en dat die mannetjies hulle nie sal beetkry nie. Vicky lyk sy nie baie soos Nala nie?
Die kleur van die foto's nie so duidelik nie, maar Nelmari het dit haar misie gemaak om die kleintjies te probeer afneem sodat ons kan sien hoe hulle lyk. Na 'n tydjie se wag het twee oortjies hulle verskyning gemaak. Sien julle aan bokant van foto?
En 'n bietjie nader .... en mens kan die ou dingetjie sien.
Hier is die hele gesiggie nou. Hulle speel van tyd tot tyd buite, en eet die kos wat ons uitsit, maar hardloop vinnig na veiligheid as hulle enigiets hoor....'n mens weet nooit is dit vriend of vyand.

No comments: