Thursday, November 1

Dis "scary"

Ja gister was dit Halloween en selfs hier in Abu Dhabi is/was winkels vol van allerhande gruwelike, bangmaak, feetjies ens. kostuums. Ook propvol spesiale lekkers en GROOT pampoene. Ek gaan nie eers begin verduidelik en vertel waarvoor Halloween staan nie en ek dink dit is elke mens se eie keuse wat en hoe jy daarmee deel. Vir my egter is dit nie 'n dag wat ek enigsins wou hê my kinders moes "vier" nie en met groot genade het hulle ook nie, ondanks al die invloed van westerlinge hier vir wie die dag iets "groots" is. As hulle wou lekkers hê het hulle gekry en was dit nie nodig om een dag 'n jaar by ander daarvoor te bedel nie. Maar of ons nou wil of nie Halloween word gevier en kinders raak daarby betrokke. So iewers moet mens 'n middeweg kry om die kinders, sou dit nodig wees gelukkig te hou met 'n geleentheid vir kostuums aantrek ('n verjaarsdagpartytjie sou bv werk) of so - dit gaan net 'n bietjie kreatiwiteit van die ouers en selfs die kinderkerke vra, maar dit is moontlik om "Halloween" te gebruik om eerder kinders te vertel van die enigste persoon wat OPGESTAAN het uit die dood, en steeds saam met ons LEWE en vir wie ons nie bang hoef te wees nie, wie vir ons lief is en wie altyd sal gee as ons vra!!


Op 'n manier was ek vanjaar reg in die middel van my eie baie scary Halloween. Charmaine is uitgenooi na 'n regte Arabiese troue en het dit goed gedink om my saam te vra sodat sy nie alleen hoef te gaan nie. Nou weet ons ook dat die vroue wat so alleen troue hou, optof, verskriklik optof....hulle abajas uittrek en spog met die dure uitrustings, so ons het een dag en daar moet na 'n "party-dress" (soos Charmaine dit stel gesoek word). Dit in sigself is nie 'n probleem nie, maar dan is die meeste uitrustings in hierdie land vir oempaloempas gemaak en nie vir lywe soos myne nie. Ek het omtrent ses oempaloemas se grootte nodig en dit kry mens in Abu Dhabi nerens.
Ons het elke winkel in die mall probeer en kon niks kry nie. Vir die eerste keer het ek ook verstaan hoekom James toe hy klein was die aantrekkamers "fighting rooms" (hy kon toe nog nie die engels reg lees nie) genoem het. Dis een groot geveg om die klere aan en oor te kry ..... en dan wanneer jy dit aan het, staar jy vir jouself in al die spieels en dan wil jy dit dadelik uit hê en dan begin die geveg weer van voor af.
Ek gaan nie eers begin vertel van die arm en dat ek dit nie regtig kan lig of beweeg nie, want dit kan net soos 'n verskoning klink hoekom ek nie iets kon kry wat pas nie. Later was ons baie lekker flou. Maar om deur Marina Mall, Abu Dhabi Mall, Al Wahda Mall en een of twee ander sentrums te gaan en niks te kry nie ....dit ouens was Halloween vir my .... en baie baie scary.



Maar troue gaan ons troue vanaand en miskien net miskien kan ons 'n foto of twee neem, en julle daarvan vertel.


2 comments:

Anonymous said...

Dis baie raak beskryf maat.:-)maar nou KEN ons die winkels... as mens vir iets positiefs moet soek in die "humbling" ervaring.

Anonymous said...

Ek sien al weer hier kom moeilikheid want die oempaloempa hier by my wil net klere koop. En ek sien weer volgende jaar loop ons deur al die winkels. Darem weet julle mos nou waar als is. Dankie tog ek hoef nog nie daarvoor te betaal nie.