Tuesday, November 6

"Kinders" verf 'n storm los

Die meeste van julle weet dat ons ook twee SA Kindergroepe hier in Abu Dhabi het. Gisteraand was dit die groep by ECC se beurt en alhoewel ons vanaf September ons eie kindergroep blog het met wat daar gebeur, loer gerus in by http://www.adkindergroep.blogspot.com/ as julle tydjie het, wil ek 'n foto of ses met julle deel. Deel van die les was onder andere hoe Jesus die storm stilgemaak het, en die kinders moes 'n storm met hulle hande verf. Party het dit met meer oorgawe as ander gedoen en miskien 'n bietjie meer tornardo as storm geverf. Hier is vier van hulle in aksie

Clark werk baie versigtig om nie meer as een vinger vuil te maak nie.

Claudia gebruik ook haar een vinger om die see en storm te teken

Maar die tannie geniet dit om haar hele hand te gebruik

Wat 'n voorbeeld en kyk daai storm ... of is dit nie?

Henry is pols diep in die storm

Dis seker hoe mens lyk as jy 'n storm geniet het!

1 comment:

Anonymous said...

Ja nee maat, ek weet nie waar die kinders daaraan kom om so te mors nie..