Wedstryd nr 2 van die seisoen is gister teen ACS (American Community School) gespeel en gewoonlik is die wedstryde teen hierdie twee skole 'n tawwe storie.

Maar soos ek met die vorige wedstryd gesĂȘ het, ons dogters is nog aan die begin stadium van hulle oefening en mens kan dit nog sien in die wedstryde ALHOEWEL daar reeds volgens my verbetering is vanaf die eerste wedstryd. (James gaan jy kom ref Desember, gister se ref - op die foto - was meeste van die tyd in die meisies se pad)


Vir my was die spelers van die wedstryd die SAfrikaners, Minri wat 'n barshou verdedig het, Nelmari wat die doel aangeteken en 'n paar keer veld af gedribbel het en Jessica wat net die heeltyd werk gesoek het en die bal probeer kry het. Ons verloor egter 3 - 1 maar daar is rede om positief in plaas van negatief te wees oor ons meisies se verbetering van die vorige wedstryd.
Go Lions!!
1 comment:
nou ek kannie dink hou die skeidsregter moontlik in die pad kan kom nie!! hy beweeg mos vinnig!
ek is nog steeds jaloers op die groen gras en dat nelmari 'n doel kon kry. Ek kry nooit kans om dit te doen nie, aangesien ek doelwagter is
Post a Comment