Thursday, November 29

Inkopies, studies, ens. in Nigerie

Met Eddie se besoek aan Nigerie het hy vir my so 'n paar foto's van interessante plekke in Logos gebring. Ek het julle alreeds van die natuurskoon gewys en natuurlik is ons vrouens altyd geinteresseerd in die winkels. Daar is winkels en selfs 'n Shoprite waar mens lekkers van die huis kan koop, maar daar is ook "straat-" en ander winkels.\. Hier is 'n paar van hulle

Ek's nie seker wat mens hier kan koop nie, lyk na houtwerk goed en produkte eie aan die land. Miskien 'n toeriste of meubelwinkel? Darem lyk die landrover bordjie normaal.
Kayode signs waar jy allerhande advertensieborde en stempels kan laat maak.
'n "Straatboetiek"? Ek weet nie of ek hier sal koop nie, maar jy kan in die gerief van jou huis koop - die winkel beweeg in die strate op en af.

Daar is wateraflewering so mens hoef nie te kommer oor die drinkbaarheid van die kraanwater nie.
Hierdie ouens het baie gekoop en hulle is oppad huistoe. Sal mens dit 'n sinkende trok noem?

As jy beplan om Nigerie toe te trek, hoop ek die winkels en skoonwater het jou gerusgestel dat die basiese dinge wel daar verkrygbaar is. Indien jy nog kommer oor studies, hierdie advertensie behoort te help. En mens kan sien dat Logos Tutors reeds 'n ou en gevestigde instellings is.

1 comment:

Anonymous said...

O hygend Eddie, julle sal vir lank baie werk hĂȘ daar. Mens sal net eers al die telefoondrade moet ontkoek. :-0
Ek weet ook nie mooi van die inkopies nie maat... ?!?!?