Showing posts with label Nigerie. Show all posts
Showing posts with label Nigerie. Show all posts

Thursday, November 29

Inkopies, studies, ens. in Nigerie

Met Eddie se besoek aan Nigerie het hy vir my so 'n paar foto's van interessante plekke in Logos gebring. Ek het julle alreeds van die natuurskoon gewys en natuurlik is ons vrouens altyd geinteresseerd in die winkels. Daar is winkels en selfs 'n Shoprite waar mens lekkers van die huis kan koop, maar daar is ook "straat-" en ander winkels.\. Hier is 'n paar van hulle

Ek's nie seker wat mens hier kan koop nie, lyk na houtwerk goed en produkte eie aan die land. Miskien 'n toeriste of meubelwinkel? Darem lyk die landrover bordjie normaal.
Kayode signs waar jy allerhande advertensieborde en stempels kan laat maak.
'n "Straatboetiek"? Ek weet nie of ek hier sal koop nie, maar jy kan in die gerief van jou huis koop - die winkel beweeg in die strate op en af.

Daar is wateraflewering so mens hoef nie te kommer oor die drinkbaarheid van die kraanwater nie.
Hierdie ouens het baie gekoop en hulle is oppad huistoe. Sal mens dit 'n sinkende trok noem?

As jy beplan om Nigerie toe te trek, hoop ek die winkels en skoonwater het jou gerusgestel dat die basiese dinge wel daar verkrygbaar is. Indien jy nog kommer oor studies, hierdie advertensie behoort te help. En mens kan sien dat Logos Tutors reeds 'n ou en gevestigde instellings is.

Monday, November 26

Nigerie en sy natuur "skoon" of is dit natuur "vuil"?

Eddie het verlede week so bietjie in Nigerie gaan kyk na hulle nuwe kantore en goeters en natuurlik wou ek foto's hê. Belowe ek gaan nie nou 'n mondvol te sê hê oor Lagos en hulle geskiedenis ens. nie. Kyk net saam met my na die foto's wat my bietjie van die omgewing daar vertel het. Ek vermoed dis nie foto's wat in die reisbrosjures sal wees nie.

Die maatskappy het so 'n "compound" tipe plek waar hulle ouens gaan bly en slaap. Eerste indruk lyk nie te sleg nie


Die tuine rondom die kompleks met baie plante wat ons by die huis ook ken

Die eenheid het 'n swembad wat blykbaar kan instaan vir 'n oggend stort as daar nie water is nie. Blykbaar het dit in die vier dae wat Eddie daar was 'n paar keer gebeur - dis nou geen water en nie noodwendig swem nie.

Troeteldiertjies ook sou 'n mens so iets wil hê
Wat die werkdeel betref. As jy vir 'n telekommunikasiemaatskappy werk, dan gee sulke drade jou nie regtig goeie hoop nie ne. Wat sou hy hier probeer uitdink?
Die strate is geteer so daar behoort nie 'n probleem te wees nie? Maar soos orals in SA en hier in die UAE is verkeersknope ook standaard. Hierdie is die pad lughawe toe. Ek vermoed mens boek nie twee uur voor die tyd in nie, mens maak dit 'n daguitstappie

'n Nuwe kerk in aanbou en dit lyk na 'n groot kompleks. Maar die mense is haastig en gebruik dit reeds wat beteken dit lyk en is reeds verniel voordat dit eers voltooid is.

Hierdie foto het 'n storie. As mens oor die brug ry, sien jy die rivier wat onder deur loop ... en as jy mooi kyk sal jy sien dis vullissakke wat daar lê. Blykbaar word die ou rivierloop as 'n stortingsterrein gebruik. Kan jy dink hoe dit ruik en erger nog, wat as die rivier weer eendag afkom?
Al lyk die land arm, is daar baie ontwikkeling en geld
'n Mooi seeprentjie. Lyk asof hulle see net so dood is soos Abu Dhabi se see.

Volgende keer wys ek julle foto's van shopping in Nigerie